NB-Uitgewers se blakerteks oor "Die verevrou"
lui as volg:
"Liora word
groot op 'n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense
wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in
die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n
magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf
en die verhoë van Parys. Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet
oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde
Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas
landuit te vlug, Parys toe. Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die
skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek.
Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, 'n priester, 'n kunstenares
en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar 'n
grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek."
[Bron: https://web.facebook.com/NBPublishers/]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking