Donderdag 31 Oktober 2019
Dinsdag 08 Oktober 2019
'n Nuwe publikasie: Kortverhale vir Graad 10 & 11 Leerderboek
Kortverhale vir Graad 10 & 11 is 'n interessante
kombinasieboek wat oor twee jaar gebruik kan word. Dit bevat 11 kortverhale uit
die bundel Sweef wat saamgestel is deur Marieta Nel en Adinda Vermaak en deur
LAPA Uitgewers uitgegee word.
GRAAD 10
1. SWEEF –
Jaco Jacobs
2. IS MY MA 'N
RUIMTEWESE? – Christie Nortjé
3. DIE GHOSTBUSTERS
VAN NIEU-BETHESDA – Solet Scheeres
4. STICKS AND
STONES – André Bester
5. NAG, MARY –
Jaco Jacobs
6. DIE
EENHORING – Leon de Villiers
GRAAD 11
7. DIE SOKKIE
– Hanneke-Marie Basson
8. NOG IEMAND
VIR PYNAPPEL OP PIZZA? – Elmarie Botes
9. ALTYD
VIERDE – Fanie Viljoen
10. 'N PA VIR
SATERDAG – Christo Davids
11. DIE BROODWINNER
– P J Haasbroek
Enige navrae kan gerig word aan edupage@vodamail.co.za.
Maandag 07 Oktober 2019
IEB AFRIKAANS HT: Voorgeskrewe roman 2020
NB-Uitgewers se blakerteks oor "Die verevrou"
lui as volg:
"Liora word
groot op 'n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense
wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in
die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n
magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf
en die verhoë van Parys. Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet
oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde
Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas
landuit te vlug, Parys toe. Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die
skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek.
Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, 'n priester, 'n kunstenares
en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar 'n
grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek."
[Bron: https://web.facebook.com/NBPublishers/]
Teken in op:
Plasings (Atom)