Dinsdag 30 April 2019

10 VRAE OOR "My hand ritsel" deur Cas Vos

1.
Hierdie gedig kan beskou word as 'n voorbeeld van metapoësie. Wat verstaan jy onder dié begrip?
2.
Gedurende watter tyd van die dag probeer die spreker 'n gedig skryf? Sê in jou eie woorde.
3.
Haal 'n voorbeeld van alliterasie in die eerste strofe aan.
4.
Haal 'n voorbeeld van 'n vergelyking in die eerste strofe aan.
5.
Aanvanklik is die gedig wat die spreker probeer skryf, slegs stukke poësie en nog nie 'n samehangende gedig nie. Watter enkele woord in die tweede strofe bewys dit?
6.
Watter uitdrukking verwys daarna dat die woorde van die gedig nie vloeiend vorder nie?
7.
Dit voel vir die spreker asof sy hand "stomp en dom" is. Wat bedoel hy met hierdie woorde?
8.
Wat, dink jy, gebeur as "woordlyne bly ontspoor"?
9.
Met watter beeld/woord in die eerste strofe kan die woord "ontspoor" in verband gebring word?
10.
Die spreker gebruik die woord "ritsel" om sy hand op die papier te beskryf. Hy praat ook aan die einde van sy woorde wat droog ritsel. Met watter droë voorwerpe in die natuur assosieer ons gewoonlik die woord "ritsel"?

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking