1.
|
Hierdie gedig kan beskou word as 'n
voorbeeld van metapoësie. Wat verstaan jy onder dié begrip?
|
2.
|
Gedurende watter tyd van die dag
probeer die spreker 'n gedig skryf? Sê in jou eie woorde.
|
3.
|
Haal 'n voorbeeld van alliterasie in
die eerste strofe aan.
|
4.
|
Haal 'n voorbeeld van 'n vergelyking
in die eerste strofe aan.
|
5.
|
Aanvanklik is die gedig wat die
spreker probeer skryf, slegs stukke poësie en nog nie 'n samehangende gedig
nie. Watter enkele woord in die tweede strofe bewys dit?
|
6.
|
Watter uitdrukking verwys daarna dat
die woorde van die gedig nie vloeiend vorder nie?
|
7.
|
Dit voel vir die spreker asof sy hand
"stomp en dom" is. Wat bedoel hy met hierdie woorde?
|
8.
|
Wat, dink jy, gebeur as
"woordlyne bly ontspoor"?
|
9.
|
Met watter beeld/woord in die eerste
strofe kan die woord "ontspoor" in verband gebring word?
|
10.
|
Die spreker gebruik die woord
"ritsel" om sy hand op die papier te beskryf. Hy praat ook aan die
einde van sy woorde wat droog ritsel. Met watter droë voorwerpe in die natuur
assosieer ons gewoonlik die woord "ritsel"?
|
Dinsdag 30 April 2019
10 VRAE OOR "My hand ritsel" deur Cas Vos
Dinsdag 23 April 2019
10 VRAE OOR "Gestorwe planeet" deur Eveleen Castelyn
1.
|
Sê in jou eie woorde watter nadelige
effek aerosolkannetjies op die osoonlaag het, volgens die gedig.
|
|
2.
|
Noem enige drie direkte gevolge wat
die verswakking van die osoonlaag op die aarde het, volgens die eerste
strofe.
|
|
3.
|
Haal 'n versreël aan wat uit die ou
volkslied, Die Stem, aangehaal is.
|
|
4.
|
Na watter twee dinge kan
"DOOMSDAY" in die gedig verwys?
|
|
5.
|
Ons lees van die "skoot van die
skatkamers".
|
|
5.1
|
Wat is voorheen hier
"geberg"?
|
|
5.2
|
Wat word nou hier geberg?
|
|
6.
|
Wat het by Tjernobil en Three Mile
Island gebeur?
|
|
7.
|
Ons lees van rioolvuil in ons riviere.
|
|
7.1
|
Watter term word in die gedig vir
rioolvuil gebruik?
|
|
7.2
|
Waar beland hierdie besoedelende
rioolvuil uiteindelik?
|
|
7.3
|
Wat anders besoedel ook hierdie plek?
|
|
8.
|
Watter effek het hierdie besoedeling
op die ekologie?
|
|
9.
|
Sê kortliks wat die woorde "sing
die swanesang van 'n verlore paradys" beteken.
|
|
10.
|
Hoekom, dink jy, noem die digter die
gedig "gestorwe planeet" en nie "sterwende planeet" nie?
|
[Image by Gerd Altmann from Pixabay]
IEB AFRIKAANS HT 2020 Voorgeskrewe Roman
Een van die twee IEB AFRIKAANS HT Voorgeskrewe romans het
verander. "Die
verevrou" deur Jan van Tonder vervang "Hanna" deur Rachelle
Greeff. "Die verevrou" is 'n publikasie van Human & Rousseau.
Maandag 22 April 2019
Die driehoekige sirkel: Woordeskat Hoofstuk 3
Bestudeer die woordeboekbetekenis van die gegewe woord en haal dan 'n
sin uit Hoofstuk 3 in "Die
driehoekige sirkel" aan waarin hierdie woord voorkom.
Die driehoekige sirkel: Woordeskat Hoofstuk 3
Bestudeer die woordeboekbetekenis van die gegewe woord en haal dan 'n
sin uit Hoofstuk 3 in "Die
driehoekige sirkel" aan waarin hierdie woord voorkom.
Teken in op:
Plasings (Atom)