1.
|
|
Dui aan of die volgende stelling Waar of Onwaar is.
Die ode is 'n liriese digsoort.
|
2.
|
|
Gee vier aanhalings uit die gedig wat verwys na die einde van die dag
wanneer die boer se aktiwiteite tot 'n einde kom.
|
3.
|
|
Wie is die spreker in hierdie gedig? Verduidelik in jou eie woorde.
|
4.
|
|
Sê kortliks of jy dink dat die taalgebruik in hierdie gedig getrou is aan
die aard van die ode.
|
5.
|
|
Sou jy hierdie gedig as groen
poësie bestempel? Gee 'n goed gemotiveerde rede vir jou antwoord.
|
6.
|
|
Sowel verlede tyd as teenwoordige tyd word in hierdie gedig gebruik.
Hoekom dink jy is dit die geval?
|
7.
|
|
Verduidelik die gebruik van alliterasie in versreël 25.
|
8.
|
|
Verduidelik die gebruik van lang klanke in versreël 27.
|
9.
|
|
Die spreker praat aan die einde van sy vyande.
|
|
9.1
|
Hoe het Afrika hom gevorm om van hom 'n gedugte vyand te maak? Noem drie van
sy Afrika-eienskappe deur slegs die toepaslike byvoeglike naamwoorde aan te
haal.
|
|
9.2
|
Watter woorde dui aan dat hy nie sy vyande vrees nie
|
10.
|
|
Ons lees: "My hande is hard / so hard soos masjinerie"
Die spreker het nie masjinerie gehad om hom te help om sy deel van Afrika
te tem nie, slegs sy hande. Wat was skynbaar die enigste hulpmiddels wat hy
gebruik het om die grond vir landboudoeleindes te tem, en watter twee enkele
woorde dui dit aan?
|
Vrydag 19 Oktober 2018
10 VRAE OOR Ode van Johan de Jager
Etikette:
10 vrae oor ...,
Huistaal
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking