TROETELWOORDE VIR OGILVIE
DOUGLAS
INHOUD
'n Houtkapper in 'n klein
nedersettinkie naby Grabouw in die Kaap sit met sy kind met Downsindroom op sy
skoot. Dit reën saggies en gevolglik kan hy nie daardie dag bos toe gaan om te
gaan hout kap nie. Hy wys vir sy kind hoe die reën val terwyl die son skyn. As
dit gebeur, sê ons Jakkals trou met Wolf
se vrou.
Die pa gebruik troetelwoordjies
as hy met sy kind praat. Ogilvie Douglas word "oggeliefie druppeldou"
as sy pa met hom praat. Die vader is duidelik baie lief vir die kind. Hy kyk na
die ogies van die kind en sê dit lyk soos die oë van 'n dromer. Hy sien hoe die
kindjie se mondjie oophang en hoe die speeksel daaruit drup. Hy vergelyk dit
moet soet heuning-druppels. Hy sien ook die kind se nat mou waarop die speeksel
gedrup het en wys dan vir die kindjie dat die vensterruit ook nat is, net soos
sy mou. Elke reëndruppel is 'n "sonnetrou", die son blink op elke
druppel – ook op die speekseldruppels van die kind; dis hoekom dit met goue
heuningdruppels vergelyk word.
Aan die einde van hierdie
sensitiewe gedig bid die vader tot God. Hy vra dat God oor elkeen van sy
gesinslede moet waghou. God bewaar selfs die kleinste wurmpie in die natuur,
die nietigste in Sy Skepping, en daarom vra die vader dat God hóm moet seën,
die vader van hierdie kindjie wat hy so innig liefhet. Die kind se moeder is
self geestesgestrem en dit maak die vader se plig teenoor die kind soveel
groter. Hy vra dat God ook die "maltrap ma" van die kindjie moet
seën, maar bowenal: "seën die oggeliefiekind van my".
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking