Saterdag 30 Junie 2018

10 VRAE OOR Vincent van Gogh van DJ Opperman (2)


1.   Wie is die "jy" in die gedig?
2.   Uit watter enkele woord weet ons dat Van Gogh nie 'n suksesvolle evangelis was nie?
3.   Uit watter enkele woord in die eerste vier versreëls weet ons dat die mense nie veel van Van Gogh as evangelis gedink het nie?
4.   Wat veroorsaak volgens die gedig dat mens sowel as boom pyn ervaar?
5.   Watter vier dinge het Van Gogh, volgens die gedig, graag geskilder?
6.   Wat word die stylfiguur in versreëls 7–8 genoem?
7.   Watter woord kan "gevlek" die beste vervang?
7.1. haas
7.2. emosie
7.3. geverf
7.4. mors
8.   Watter woord toon dat die mynwerkers in swak omstandighede gebly het?
9.   Haal die versreël uit die gedig aan wat vir ons sê dat Van Gogh se skilderkuns Godgeïnspireerd was.
10. Watter een van die volgende dinge het beide vlam en sipresse met mekaar gemeen?
10.1.   kleur
10.2.   hitte
10.3.   lower
10.4.   vorm
10.5.   hartstog

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking