Wat die digter bedoel het deur Marietjie Vos is een van die voorgeskrewe gedigte vir die IEB Afrikaans EAT Graad 12. In
hierdie gedig leer ons van verskillende tegnieke wat gebruik word wanneer 'n
gedig geskryf word. Dis 'n gedig wat slim geskryf is, want die verskillende
digkunstegnieke en die funksie daarvan word aan die gedig se inhoud gekoppel.
Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord dit dan deur die ontbrekende woorde in te vul. Gebruik die woordwolk om die korrekte woorde op te spoor.
- Alliterasie is 'n voorbeeld van ______
- ______ vind plaas wanneer versreëls nie aan die linkerkant direk onder mekaar geskryf word nie.
- Die manier waarop teks op papier afgedruk is, word ______ genoem.
- Die herhaling van dieselfde vokaal in 'n versreël word ______ genoem.
- 'n ______ is 'n beeld wat gebruik word om iets te verteenwoordig. Dis soortgelyk aan 'n ______, maar sonder die woorde 'soos' of 'nes'.
- Punktuasie word in die gedig ______ genoem.
- 'n Gedig wat nie 'n rympatroon, hoofletters of punktuasie bevat nie en waarvan die strofes van verskillende lengtes is, word ______ vers genoem.
- Die woord ______ in die gedig beteken om iets te aksentueer/benadruk.
- 'n ______ is iemand wat nie kan lees of skryf nie.
- "Ekskuus Du Plessis het jý miskien die BA" is 'n tipiese voorbeeld van ______
- Die laaste twee versreëls bevat ______, want die spreker sê die teenoorgestelde van wat hy bedoel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking