DIE HARDLOPER – Ernst van Heerden
INHOUDSOPGAWE
INTERTEKSTUELE VERWYSINGS
WOORDESKAT
REËLVERKLARINGS
INHOUD
BESPREKING
AGTERGROND EN KOMMENTAAR
VRAE
ANTWOORDEDIE HARDLOPER – Ernst van Heerden
INHOUDSOPGAWE
INTERTEKSTUELE VERWYSINGS
WOORDESKAT
REËLVERKLARINGS
INHOUD
BESPREKING
AGTERGROND EN KOMMENTAAR
VRAE
ANTWOORDEINTERTEKSTUELE VERWYSINGS
Die volgende gedigte kan saam met hierdie een bestudeer word om raakpunte, ooreenkomste, kontraste, vertellersperspektief, ensovoorts, uit te lig en aan te dui:
Rustende atleet - Ernst van Heerden
Die strandjutwolf - N P van Wyk Louw
Die wedloop - Breyten BreytenbachWOORDESKAT
suiwer – pureREЁLVERKLARINGS
|
Reël 1 |
Soos voor elke wedloop, het die atleet die opgewondenheid van kompetisie ervaar. Sy hele wese was toegewy aan die wedloop en sy hart was "suiwer", want hy het geweet dat hy hard geoefen het en dat hy die wedloop kon wen. |
|
Reël 2 |
"Woeste" sê dat die atleet geweet het die wedloop sou nie maklik wees nie, hy sou alles moes insit, daarom het hy van die begin af voluit ("fel") gehardloop. |
|
Reël 3 |
Dit was ʼn langafstand-wedloop, maar hy het met fikse en vinnige voete elke myl uitgedaag en bewys dat hy nie bang was vir die lang afstand nie. Hy het korte mette daarvan gemaak en sy stamina deurgaans behou. |
|
Reël 4 |
Hy het geweet dat hy die vermoë het om die vinnigste atlete te oorwin. |
|
Reël 5 |
As gevolg van die lang afstand en die fisieke inspanning, het sy hart vinnig geklop en die bloed het warm deur sy are gedruis. |
|
Reël 6 |
"Winde" verwys hier waarskynlik na die spoed waarteen hy gehardloop het, so vinnig dat dit sy hare gelig het. Daar het moontlik ook ʼn ligte bries gewaai. |
|
Reël 7 |
Hy het deurgaans vinnig gehardloop, maar hy het die hele tyd die afstand wat hy nog moes aflê, in gedagte gehou. |
|
Reël 8 |
ʼn Mens kon op sy gesig sien dat hy elke oomblik van die wedloop geniet het. Hy was bewus van die krag van sy fikse liggaam. |
|
Reël 9 |
Hy kon die adrenalien deur sy liggaam voel pomp. |
|
Reël 10 |
Sy asemhaling het mettertyd versnel as gevolg van die lang afstand wat hy moes aflê; hy kon sy warm asemhaling voel. |
|
Reël 11 |
Hy was vaagweg bewus van die gedruis van die see in sy ore (hardloop hy miskien die Twee Oseane-marathon?). "Strenge moed" is ʼn verwysing na sy vasberadenheid en toewyding om die wedloop te wen. |
|
Reël 12 |
Die woord "toe" dui ʼn wending in die gedig aan: Vir die eerste keer kom daar nou iets negatiefs ("donker", "bitter") in die atleet se gemoed. Dié besef maak hom senuweeagtig en angstig. |
|
Reël 13 |
Hy word skielik bewus van ʼn ander atleet wat hom geleidelik inhaal en hy wonder wie dit kan wees. Hy is duidelik nie daaraan gewoond dat ander atlete hom naby die wenpaal inhaal nie. Die feit dat sy opponent ʼn "ongesiene makker in die loop" genoem word, dui aan dat die hardloper nog steeds voor hardloop. Hy kan nie die ander hardloper sien nie, maar hy is bewus van sy teenwoordigheid. |
|
Reël 14–15 |
Die ander atleet is kort op die hardloper se hakke en besig om hom in te haal; dis asof die ander atleet in sy nek blaas. |
|
Reël 16 |
Die onbekende atleet hoop en begeer ook om die wedloop te wen. Die hardloper wonder wie hierdie atleet is wat ook graag die wenstreep eerste wil oorsteek, die wit lint met sy bors wil breek. |
|
Reël 17 |
Hierdie versreël bevestig dat dit ʼn nuwe atleet is wat die hardloper nie geken het nie, tog wil dit voorkom of hulle moontlik vir dieselfde span gehardloop het. |
|
Reël 18 |
Waar die hardloper in die eerste paar strofes oortuig was dat hy die wedloop sou wen, besef hy nou dat sy selfvertroue geknak is. Hy sal nooit weer met soveel selfvertroue en gerustheid kan hardloop nie. |
|
Reël 19–20 |
Die atleet besef dat, alhoewel hy hierdie wedloop gewen het, ʼn ander atleet eendag die wenner gaan wees. |
INHOUD
Die gedig beskryf die toewyding waarmee die atleet die wedloop aanpak. Die wedloop is uit die staanspoor straf en die atleet moet van die begin af alles uithaal om voor te bly. Tydens die wedloop behou hy sy ritme en myl na myl word met volle oorgawe afgelê. Hy besef dat hy die wil en die fisieke vermoë het om enige uitdager in die wedloop te klop.
Die atleet se hartklop versnel en sy liggaam verhit, maar hy hardloop so vinnig as hy kan, wetende dat sy gespierde liggaam hom tot aan die einde sal kan dra en laat voor bly. Die ekstase van selfversekering kan duidelik op sy gesig gesien word.
Terwyl die atleet hardloop, fokus hy op sy tegniek en vaart, maar hy word tog bewus van sy asem wat mettertyd begin hyg. Hy raak daarvan bewus dat hy nie meer alleen voor hardloop nie; ʼn ander atleet het hom intussen ingehaal en is vlak agter hom. Hy kan sy opponent nie sien nie, maar hy is bewus van sy nabyheid en wonder wie dié "ongesiene makker in die loop" is. Hy sien sy opponent se voet langs sy eie en is bewus van die ander atleet se asemhaling kort agter hom. Hy besef dat hy nie die enigste atleet is wat ʼn kans het om eerste oor die wenstreep te hardloop nie.
Die atleet in die gedig wen wel die wedloop, maar hy besef dat hy voortaan nooit weer gerus kan wees in die wete dat hy sterker as sy kompetisie is nie. Voortaan sal dit vir hom progressief moeiliker wees om voor te hardloop en hy sal altyd met die vrees hardloop dat iemand anders hom tydens die wedloop sal verbysteek en uiteindelik die wedloop wen. Alhoewel hy hierdie keer steeds die wenner was, sal dit in die toekoms ʼn ander atleet wees wie se bors eerste die lint sal raak.BESPREKING
Die digter gebruik omarmde rym in die vyf kwatryne van hierdie gedig. Sy woord-gebruik kom soms ietwat geforseerd voor ter wille van rym en metrum. Woorde soos "rappe", "vlugste" en "snelle" (almal sinonieme vir die algemeen bruikbare "vinnig") in die eerste twee strofes is duidelike voorbeelde hiervan. Hy neig ook plek-plek tot mooiskrywery (bv. "sy ademstoot ʼn hete windgejaag") en dit verleen ʼn onnatuurlike dimensie aan die gedig.
Die digter slaag voortreflik daarin om spanning in die gedig op te bou. Terwyl die atleet voor hardloop, word hy skielik bewus van ʼn "ongesiene makker in die loop" wat ook probeer om eerste oor die wenstreep te hardloop. Hy is nie daaraan gewoond om sterk kompetisie tydens wedlope te hê nie, en nou is daar skielik ʼn opponent wat in sy nek blaas. Dit veroorsaak angs en onrustigheid. Uiteindelik slaag die hardloper in die titel daarin om die wedloop te wen, maar met die wete dat hy voortaan altyd met die vrees sal hardloop dat iemand anders hom in die toekoms sal verbysteek en die wedloop wen.
Die "ongesiene makker in die loop" kry simboliese betekenis in hierdie gedig. Ernst van Heerden gebruik dieselfde beeld van die "ongesiene makker" ook in sy gedig Rustende atleet wat hierbo as interteks aanbeveel word. Die wedloop wat hier plaasvind, kan simbolies verwys na die mens se wedloop teen die dood, waar die dood hom uiteindelik inhaal en oor die mens seëvier.AGTERGROND EN KOMMENTAAR
Die hardloper is een van Ernst van Heerden se sogenaamde Olimpiese gedigte en verskyn in sy debuutbundel Weerlose uur (1942). Hierdie gedig word beskou as een van die beste gedigte in die derde afdeling van dié bundel. Dié afdeling handel hoofsaaklik oor die eensaamheid van die ek, en die dominerende motief van ingeperktheid. In Die hardloper kry ons die wedloop tussen die ek en die dood wat op bevredigende wyse tot hoofmotief uitgroei. (J C Kannemeyer: Die Afrikaanse Literatuur 1652-2004).
Van Heerden was self ʼn kranige sportman en het verskeie sportgedigte geskryf, veral in sy tweede digbundel Verklaarde nag (1946). Sportgedigte in dié bundel is onder andere Die swemmer, Die bokser en Vraag van die boogskutter. Die gedig Die gewigopteller uit sy bundel Die sewe vrese (1951) is ook alom bekend. Van Heerden is internasionaal vir sy Olimpiese sportgedigte bekroon vir sy letterkundige bydrae tot sport.VRAE
|
1. |
Verduidelik die kontras tussen die woorde "wilde" en "suiwer" in die eerste versreël van die gedig. (2) |
|
2. |
Watter 2 opeenvolgende woorde in strofe 1 sê vir die leser dat die wedloop nie maklik gaan wees nie? (1) |
|
3. |
Wat impliseer die woord "getart" van die hardloper se houding teenoor die wedloop? (1) |
|
4. |
Hoe weet die leser dat hierdie wedloop oor ʼn lang afstand plaasvind? (1) |
|
5. |
Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is en gee elke keer ʼn aanhaling om jou antwoorde te bewys: |
|
5.1 |
Die hardloper het nie sy taktiek beplan terwyl hy gehardloop het nie. (2) |
|
5.2 |
Die hardloper was aanvanklik vol vreugde terwyl hy gehardloop het. (2) |
|
6.1 |
Watter enkele woord dui op ʼn wending in die hardloper se gemoed en selfvertroue? (1) |
|
6.2 |
Kontrasteer die hardloper se gemoedstoestand in die eerste 2 strofes met dié in reël 12. (2) |
|
7.1 |
Watter twee opeenvolgende woorde sê vir die leser dat die hardloper aanvanklik nie weet wie die ander atleet is nie? (1) |
|
7.2 |
Watter twee opeenvolgende woorde later in die gedig toon aan dat die hardloper die ander atleet glad nie ken nie? (1) |
|
8. |
Die ander atleet was teen die einde van die wedloop baie naby aan die hardloper. Bevestig hierdie stelling in jou eie woorde. Gee twee redes hoekom jy so sê. (2) |
|
9. |
"Nooit hardloop hy weer sonder pyn of vrees". Waarna verwys |
|
9.1 |
die pyn? (1) |
|
9.2 |
die vrees wat die hardloper ervaar? (1) |
|
10. |
Waarvan is die hardloper aan die einde van die gedig oortuig? Sê in jou eie woorde. (2) |