Saterdag 11 Oktober 2025

DIE STRAATKIND - Linda Roos

DIE STRAATKIND - Linda Roos

INHOUDSOPGAWE

REËLVERKLARINGS

WOORDESKAT

KOMMENTAAR

VRAE

ANTWOORDE

DIE STRAATKIND - Linda Roos

 DIE STRAATKIND - Linda Roos

 

DIE STRAATKIND - Linda Roos

Reëlverklarings

Reël 1: Die spreekster het eers beplan om verby te loop, maar het toe nie. "Selfbewuste" en "ongeërgde" is woorde wat teenoorgestelde betekenisse het. Wanneer jy selfbewus is, gee jy om wat ander van jou dink. Wanneer jy ongeërg is, gee jy nie om nie, jy is nonchalant. "Blik" verwys na ʼn sekere kyk in jou oë.

Reël 2: Ons bêre die "kyk" in reël 1 net vir sekere mense: bedelaars, pendelaars (wat in hierdie konteks waarskynlik na dwelmhandelaars verwys) en prostitute, dus: dié mense op wie ʼn mens gewoonlik neersien.

Reël 3: Die kind is nie deel van die samelewing nie, hy is eenkant. Snuif kan na 3 dinge verwys: Hy "snuif" (snuffel) vir kos, hy is siek, of hy snuif gom.

Reël 4: Sy maer skouers lyk asof hy homself wegdraai én verdedig teen die samelewing.

Reël 5: Hy kruip agter sy liggaamshouding weg.

Reël 6: Die spreker sien verder as wat die kind met sy bravade/ liggaamstaal probeer voorgee: Sy hemp is vuil en te klein vir hom. ʼn Ou roof/seerplek bloei soms weer as jou vel trek.

Reël 7: Die samelewing sien hom nie raak nie. Die samelewing wil niks met hom te doen hê nie, hulle ignoreer hom en "pleister hom toe".

Reël 8: Die spreker sien sy seerkry en wonde raak.

Reël 9: Die straatkind se omstandighede herinner haar aan ander onregverdighede in die lewe: bome wat afgesaag word, en daarteen veg deur te "steun".

Reël 10: konyne waarop eksperimente gedoen word (Hulle spartel om vry te kom)

Reël 11: lammers wat geslag word sodat mense hulle kan eet of hul velle gebruik.

Reël 12: Die spreekster kom skielik tot insig. Sy ondergaan ʼn verandering van gedagtes en houding teenoor die verkeerde dinge in die lewe.

Reël 13: Die dag toe God uit die hemel gepraat het (verskeie Bybelse verwysings).

Reël 14: Die ou mans op parkbankies het lewenswysheid; kan egter ook dui op ouderdom en die naderende dood.

Reël 15: "Kras" beteken hard en duidelik, soos die geluid wat kraaie maak. Kraaie is ook boodskappers van die dood, m.a.w. die dood van die samelewing se gevoelens vir mense soos die straatkind.

Reël 16: Die spreekster het bewus geword dat daar iets naby haar was of naby haar verbygegaan het.

Reël 17: Sy kan nie verduidelik waar die bloedstreep op haar wang vandaan gekom het nie. Dit verwys na haar onderbewussyn wat nou "gemerk" is en dat sy in die toekoms anders sal reageer op situasies soos wat sy hier teëgekom het.

Reël 18: Die suggestie is dat die spreekster deur 'n hoër hand, miskien 'n engel, aangeraak is.

DIE STRAATKIND - Linda Roos

Woordeskat

verbymik – walk past
selfbewuste – s
elf-conscious
ongeërgde – indifferent, nonchalant
blik –
glance

bedelaars –
beggars
pendelaars –
drug-pushers
hoere –
prostitutes, whores
eenkant –
to one side
vullisdromme –
rubbish bins, garbage cans
skraal –
skinny
gereed –
ready, alert
spiese –
spears
heining –
fence
opgekrimp –
shrunk, pulled up
roof –
scab
toegepleisterde –
covered up, covered with plaster
sypaadjie –
pavement
skril –
shrill
bevel –
command
sae –
chain-saws
steun –
groan
konyne –
rabbits
spartel –
flounder, struggle
lammers –
lambs
slagterslem –
butcher's-blade
wysheid –
wisdom
klam – wet, damp
parkbankies – park
benches
kras –
robust, loud
kraaie –
crows
geruis – hush, rustling
onverklaarbaar –
inexplicable
wang –
cheek
bloedveeg –
blood-stripe
vlerk –
wing