Saterdag 23 April 2022
Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Algemeen)
6. Kommunikasie antwoorde
Vrydag 22 April 2022
Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Opsomming)
Opsomming
Eva sien op Facebook hoe suksesvol haar vriende is, maar haar eie lewe voel soos 'n mislukking. |
Sy word uitgenooi na Hoërskool Bergkruin se 10 jaar-reünie, maar sy weet nie of sy wil gaan nie. |
Sy dink terug aan haar matriekjaar en hoe haar vriendskap met Linda tot 'n einde gekom het. |
Linda en die vreemde Daniël het begin uitgaan, en Eva en Henno het 'n kort verhouding gehad. |
Daniël was tuis mishandel, maar net Linda en juffrou Slabbert het begrip vir die situasie gehad. |
Eva-hulle het Daniël as "weird" beskou en sy en Henno het die lewe vir hom baie moeilik gemaak. |
Linda was teleurgesteld in Eva se optrede teenoor Daniël en sy het kontak met Eva begin vermy. |
Eva en Henno se verhouding het geëindig nadat hulle die eerste keer seks by die skool gehad het. |
Tien jaar later is Linda en Daniël steeds gelukkig saam, terwyl dinge nie vir Eva uitgewerk het nie. |
Sy wil graag vriende met Linda-hulle maak en rig 'n vriendskapsversoek tot Daniël op Facebook. |
Donderdag 21 April 2022
Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Inhoudsvrae)
Inhoudsvrae
1. |
Gee twee redes hoekom Eva vir Daniël as 'n goth beskou het. |
2 |
Wanneer het Linda se suster en juffrou Slabbert mekaar leer ken? |
3 |
Wat dink Linda se suster van juffrou Slabbert? |
4. |
Daniël reageer vreemd wanneer hy die kat-embrio's in die glasfles sien. |
4.1 |
Waaraan herinner die kat-embrio's hom? |
4.2 |
Wat word uiteindelik van die kat-embrio's? |
5. |
Hoekom dra Daniël nie 'n windbreker in die skool se kleure nie? |
6. |
Hoekom dra hy elke dag sy swart windbreker skool toe? |
7. |
Henno, sowel as Daniël se stiefpa, is gewelddadige mense. Motiveer hierdie stelling deur 'n voorbeeld. |
8. |
Eva, Henno en Daniël is vroeg een aand agter die skool se tuinskuur. |
8.1 |
Wat het Eva en Henno daar kom doen? |
8.2 |
Wat het Daniël daar kom doen? |
9. |
Wat sien Eva as sy op Daniël se Facebook-blad ingaan? |
10. |
Watter versoek rig sy tot Daniël as sy dit sien? |