HOOFSTUK 15
SINSTRUKTURE
Gemengde oefening
Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:
1 |
Stef is in sy kamer en wil nie die deur vir Olga oopmaak nie. |
|
Stef is in sy kamer en weier ... |
|
|
|
|
2 |
Paul ry om te gaan kyk wat met Stef aangaan. |
|
Paul ry sodat ... |
|
|
|
|
3 |
Olga het 'n kwaai hoofpyn en Barries vat haar na sy kamer toe. |
|
Aangesien ..., ... |
|
|
|
|
4 |
Barries vra: "Kan ek vir jou pienk pille vir jou hoofpyn gee, Olga?" |
|
Barries vra vir Olga ... |
|
|
|
|
5 |
Volgens Olga is sy verslaaf aan seks. Sy kan nie daarsonder klaarkom nie. |
|
Volgens Olga is sy verslaaf aan seks waarsonder ... |
|
|
|
|
6 |
Paul en Stef arriveer later en Stef wil dadelik vertrek. |
|
Wanneer ..., ... |
|
|
|
|
7 |
Later vertel Barries vir Jona dat hy lus vir dagga is, maar dit nie kan kry nie. |
|
Later sê Barries: "Jona, ..." |
|
|
|
|
8 |
Daardie nag maak Jona Barries wakker en hy sien dat Jona bloed opgebring het. |
|
Daardie nag word ... en hy sien dat Jona bloed opgebring het. |
|
|
|
|
9 |
Paul lê met sy klere aan dwars oor sy bed en slaap. |
|
Met sy klere aan ... |
|
|
|
|
10 |
Die duur Gibson-kitaar word deur Barries teen die muur stukkend geslaan. |
|
Barries ... |
|
|
|
|