10 VRAE OOR HOOFSTUK 7
Stef lig twee tasse en die
trommel sonder inspanning gelyktydig op en bind dit op die dra-rak vas. Die
ander tas en die kitaar sit hy agter in die Buggy.
Dan sê hy: "Nou toe, laat
ons soen en ry."
1.
|
Met watter bemoedigende woorde sê
sersant Schreuder dat Barries nie moet moed opgee
nie?
|
2.
|
Wat besef Barries as hy gereed maak om
saam met die barbaar in die Beach Buggy te klim?
|
3.
|
Wat haal sersant Schreuder uit haar
handsak
|
3.1
|
om vir Stef te gee?
|
3.2
|
om vir Barries te gee?
|
4.
|
Watter twee klagte teen Barries is
teruggetrek?
|
5.
|
Hoe reageer Stef as Barries sy selfoon
wil leen om vir Lizette te bel?
|
6.
|
Barries sien sandale en 'n sarong in die
Beach Buggy. Aan wie behoort dit en waarteen waarsku Stef hom?
|
7.
|
Wat moet Barries doen as die Beach Buggy
gaan staan?
|
8.
|
Barries het maagkrampe en soek dringend
'n toilet. Wat is al wat Stef hom egter kan aanbied?
|
9.
|
Vir wie noem Barries 'n "stuk gemors",
en hoe reageer Stef hierop?
|
10.
|
Onder watter moeilike omstandighede het
Barries se pa grootgeword?
|