1.
|
"Vir 'n
oomblik lyk tant Molly onseker van haarself." (bl. 58)
|
|
1.1
|
Wat sê Caro vir
tant Molly wat haar onseker laat voel?
|
|
1.2
|
Voordat tant
Molly kan reageer, onderbreek Steyn die gesprek. Hoekom dink jy reageer hy
so?
|
|
2.
|
Watter gevoel
ervaar Caro as sy die aand mondfluitjie speel?
|
|
3.
|
By wie het Caro
leer mondfluitjie speel?
|
|
4.
|
Waar kom
Steyn-hulle oorspronklik vandaan?
|
|
5.
|
Verduidelik waar en
hoe Caro haar kennis van krieket opgedoen het.
|
|
6.
|
As Steyn en Caro
op die plaas rondry, sien Caro dat Steyn 'n draad aan 'n groot klip vasmaak
en dit in 'n gat onder die draad laat hang. Hoekom doen hy dit?
|
|
7.
|
Caro wil by Ou
Dok weet of hy haar na al die jare herken. Hy erken dat hy haar wel herken.
Op watter manier herken hy haar tussen al sy pasiënte wat hy deur die jare
gesien het?
|
|
8.
|
Caro geniet haar
tydjie op die plaas baie. Wat versuur egter haar besoek as sy en Steyn na 'n
rustige tydjie saam weer terugkeer na die plaashuis toe?
|
|
9.
|
"Caro word
vuurrooi, is briesend en verneder."
|
|
9.1
|
Verduidelik die
oorsaak van Caro se heftige reaksie?
|
|
9.2
|
Op watter manier
word die vrede tussen Caro en Steyn weer herstel?
|
|
10.
|
Haal die woorde
aan wat Steyn vir Caro sê waaruit duidelik blyk dat hy besef dat Caro 'n
swaar las dra.
|
Vrydag 31 Augustus 2018
10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 5 (1)
Donderdag 30 Augustus 2018
10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 4 (1)
1.
|
Wat veroorsaak
die konflik tussen Caro en Salome in die personeelkamer?
|
|
2.
|
Betsie is van
mening dat Salome venynig en persoonlik teenoor Caro optree omdat sy _____ is
op Caro.
|
|
3.
|
Wat doen Caro om
verdere konflik met Salome te vermy?
|
|
4.
|
Caro kom agter
waarom George so antagonisties en uitdagend teenoor haar as krieketafrigter
optree. Gee slegs een woord uit hierdie hoofstuk wat sy optrede verduidelik.
|
|
5.
|
Salome wil
oënskynlik vir Caro wys dat daar nie by haar kwade gevoelens is oor die
gebeure vroeër in die personeelkamer is nie. Op watter manier probeer sy
vergoed vir haar optrede?
|
|
6.
|
6.1
|
Caro gaan speel
op haar mondfluitjie op die skoolterrein. Van wie se teenwoordigheid raak sy
bewus?
|
6.2
|
Waarom soek
hierdie persoon vir Caro?
|
|
7.
|
Hoe oortuig Steyn
vir die onwillige Caro om by sy planne in te val?
|
|
8.
|
Hoekom sukkel
Caro om te glo dat Steyn bang is vir sy ma?
|
|
9.
|
Caro ontmoet ook
vir Ou Dok, tant Molly se broer. Sy skrik, want sy ken hom, maar hy laat glad
nie blyk dat hy haar ken nie. Hoeveel jaar terug het sy iets met Ou Dok te
doen gehad?
|
|
10.
|
Ou Dok se naam
vertel vir die leser dat hy 'n mediese dokter is. Wat is egter Ou Dok se rol
op die plaas?
|
10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 3 (1)
1.
|
Lees op bladsy
30–31 wat oor Salome geskryf word.
|
|
1.1
|
Wat is
"mooi" aan Salome?
|
|
1.2
|
Wat is
"lelik" aan Salome?
|
|
2.
|
"waarom het
sy dan teruggekom?"
|
|
2.1
|
Gee die twee
redes waarom Caro na haar tuisdorp toe teruggekeer het.
|
|
2.2
|
Waarom begin Caro
twyfel oor haar besluit om terug te kom?
|
|
3.
|
Caro neem die
_____ van die leë werf op Blikkiesdorp waar en ervaar 'n gevoel van _____.
|
|
4.
|
Watter belangrike
lewensles wat Caro by Jonty Rhodes geleer het, dra sy aan Lauren oor?
|
|
5.
|
Wat is, volgens
Lauren, die sleutel van suksesvolle tienerskap?
|
|
6.
|
Hoekom is Salome
so driftig gekant teen plaasboere in die algemeen en Steyn in die besonder se
liefde vir die plaaslewe?
|
|
7.
|
Waarom is Salome eintlik
so gefrustreerd met Steyn?
|
|
8
|
Wat besef Caro
insake Steyn as sy na sy rustige vertelling oor sy lewe op die plaas luister?
|
|
9.
|
Caro sien vroeër
die middag hoe vervalle haar eerstydse ouerhuis is. Op watter manier neem sy
dieselfde toneel waar sonder die verval?
|
|
10.
|
Caro begin algaande
die motiewe van haar terugkeer meer en meer ondersoek. Noem drie dinge waarna
sy meer gesmag het as die liefde en opvoeding wat sy ontvang het.
|
Woensdag 29 Augustus 2018
10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 2 (1)
1.
|
"Vir 'n
breukdeel van 'n sekonde versteen Caro se hand ..." (bl. 15)
|
|
1.1
|
Watter twee persone
kom tydens ontbyt ter sprake wat Caro ontstel?
|
|
1.2
|
Wat besef Caro
dadelik as sy hierdie persone se name hoor?
|
|
2.
|
Watter twee
probleme het meneer Woodrow se weggaan vir die skool veroorsaak?
|
|
3.
|
Watter besware
het Salome teen Caro se voorstel om die krieketspan af te rig?
|
|
4.
|
Beskryf kortliks
watter toneel vir Caro begroet as sy tydens eerste pouse by die skoolsaal
instap.
|
|
5.
|
Die seuns is stomgeslaan
as hulle hoor dat Caro hulle nuwe krieketafrigter is. Watter seun is egter
baie verbaal in sy teenstand teen hierdie reëling?
|
|
6.
|
Caro besef dat sy
iets sal moet doen om die seuns se samewerking te kry. Watter ooreenkoms gaan
sy met hulle aan?
|
|
7.
|
Wat besef Caro as
sy na Lauren se betraande gesig kyk?
|
|
8
|
Op watter manier
besluit Caro om vir Lauren te help?
|
|
9.
|
Caro besef dat
die seuns haar tydens die eerste krieketoefening gaan toets. Hoe bevestig sy
haar outoriteit oor die seuns om hulle sodoende te oortuig om vir haar 'n
kans te gee om hulle af te rig?
|
|
10.
|
Gawie speel nie
krieket nie, maar is tog deel van die span. Wat is sy rol in die krieketspan?
|
Teken in op:
Plasings (Atom)