Dinsdag 13 November 2018

10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 291–357

1.
Waaroor kla Herman hierdie keer as oom Josef se begrafnis verby is?
2.
Wie is Jans en Zelmarie?
3.1
Hoe het Jans en Zelmarie oënskynlik gesterf?
3.2
Wat is egter die ware feite oor Jans en Zelmarie se dood?
4.
Hoekom is Zenobia bly dat sy net met Fielies "gestraf" is?
5.
Is die volgende stelling Waar of Onwaar?
Die mans wat skaapkoppe eet het vir oom Josef as 'n indringer beskou.
6.
Hoekom moes Herman die skaap se ore by die byeenkoms eet?
7.
Tot watter besef rakende oom Josef kom Herman en Zenobia albei na die begrafnis?
8.
Mieta is baie bly dat daar weer vrouens op die werf is. Hoe het die plaas vir haar gelyk nadat oom Josef se vrou, mevrou Raaitjie, oorlede is?
9.
Ruan dink dit was onbillik om te verwag dat Zenobia met Fielies ry. Tog hou Fielies voordele in. Wat is hierdie voordele, volgens Ruan?
10.
Gee een woord uit hierdie gedeelte wat beskryf hoe Nuutgevonde nou lyk.
          

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking