Dinsdag 13 November 2018

10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 171–290

1.
Watter optrede van Zenobia is strydig met die voorwaardes van die testament?
2.
Waarom dink jy is Katinka "sarkasties" as sy uitvind dat Zenobia die vloer was terwyl Herman die koolstoof moet skoonmaak?
3.
Wie het al die jare die groente gekweek wat oom Josef vir Katinka-hulle gebring het?
4.
"Oom Josef lag vir ons ..."
Waarom sou oom Josef hulle uitlag?
5.
Verduidelik Zenobia se uitdrukking: "So, Ma het lekker gerus terwyl ek en Pa ons byna doodgewerk het."
6.
Gee drie enkele woorde uit hierdie gedeelte waarmee Herman vir Ruan, Zenobia se kêrel, beskryf.
7.
Volgens Katinka is dit die heel eerste keer dat Herman 'n vloer was. Watter aanmoediging het hy nodig gehad om dit te doen?
8.
Wat bedoel Herman wanneer hy sê: "Miskien is 'n tweede begrafnis nie so onwaarskynlik nie."
9.
Wat kan jy oor Ruan se karakter aflei as jy Spreekbeurt 256 lees?
10.
Op watter wyse tree Zenobia en Katinka eenders en tog verskillend op as hulle die bedrae geld vind?
          

[Bron: https://www.clipartmax.com]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking