Wys tans plasings met die etiket Instruksies. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Instruksies. Wys alle plasings

Maandag 06 Julie 2026

WENKE BY DIE GEBRUIK VAN 'N BLOG

WENKE BY DIE GEBRUIK VAN 'N BLOG

HOE OM 'N ONDERWERP TE VIND

Besigtig die inhoudsopgawe regs en klik dan op die onderwerp.

Klik NUWER PLASINGS OF OUER PLASINGS onder plasings om deur die plasings te blaai.

HOE OM 'N PLASING SE INHOUD TOT IN MS WORD TE KRY

Maak die plasing oop. 

Hou die muis se regterkantste knoppie in en gly oor al die inhoud wat jy wil kopieer. 

As alles blou is, druk Ctrl + C op die sleutelbord.

Gaan na Word toe.

Druk Ctrl + V op die sleutelbord.

Nou kan jy die teks formateer soos jy verkies.

Vrydag 06 Maart 2026

OF NOG MAKLIKER ...

Ek het nou die ETIKETTE regs op die Bloggerskerm in alfabetiese volgorde gerangskik. Nou is dit baie maklik om by plasings uit te kom. Rol net af totdat jy by die alfabetiese plasing kom wat jy soek en klik daarop. Onthou om OUER PLASINGS te klik om na die volgende bladsy toe te gaan en NUWER PLASINGS as jy wil teruggaan.

INSTRUKSIES BY DIE GEBRUIK VAN 'N BLOG

HOE OM OPEENVOLGENDE HERSIENINGSTOETSE OP DIE BLOG TE SIEN

1. Laai die blog. Links bo is 'n soekblokkie.
2. Tik DONKER WEB HERSIENINGTOETS in die soekblokkie OF
    Tik TUIMELTREIN HERSIENINGSTOETS in die soekblokkie.
3. Klik die vergrootglasie langs die soekblokkie OF druk ENTER.
4. Al die hersieningtoetse volgens dit waarvoor jy gevra het, sal verskyn. 
5. Onthou om VOLGENDE PLASING / NUWER PLASINGS te klik om alles te sien.
6. Onthou om VORIGE PLASING / OUER PLASINGS te klik as jy vorige inskrywings wil sien. 

HOE OM DIE BLOG-TOETSE EEN-VIR-EEN OP JOU REKENAAR AF TE LAAI 
1. Maak die blogbladsy oop en gaan na die blog wat jy wil aflaai.
2. Plaas jou muiswyser links van die eerste woord.
3. Druk jou linker-muisknoppie en gly met die muis oor al die teks wat jy wil kopieer.
4. Haal jou vinger van die linker-muisknoppie af en druk Ctrl + C op die sleutelbord.
5. Navigeer na ʼn oop dokument in Word toe, en druk Ctrl + V op die sleutelbord
6. Redigeer die formaat van die teks.