Dinsdag 13 November 2018

10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 99 – 170

1.
Verduidelik in jou eie woorde wat jy onder "komiese musiekbrug" verstaan.
2.
Vergelyk die erns van Herman en Zenobia se "beserings".
3.
Hoekom, dink jy, wil Herman nie oom Josef se dokter sien nie?
4.1
Gee een woord vir die uitdrukking "die geween en gekners van tande".
4.2
In watter spreekbeurt uit hierdie gedeelte word die woord wat jy in Vraag 4.1 geïdentifiseer het, as byvoeglike naamwoord gebruik?
5.
Haal die woorde aan wat die rede verskaf hoekom oom Josef Katinka se beskuit vir die ouetehuis geskenk het.
6.
Watter "marteling" moet Herman nog dié dag ondergaan, benewens sy seer rug?
7.1
Waar het Zenobia aanvanklik gewerk?
7.2
Watter werk doen Zenobia nadat Herman sy rug seergemaak het?
8.1
Waar sal oom Josef begrawe word?
8.2
Wie sal oom Josef se graf grawe?
9.
Hoekom wil Herman nie die koolstoof skoonmaak nie?
10.
Watter slim plan maak Zenobia om haar en haar pa se take effens te vergemaklik?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking