Die bedelplek
voor 'n besige winkelsentrum is waar Lien later baie ure van die dag deurbring.
Sy word deur haar omstandighede gedwing om baie ure hier deur te bring.
Aanvanklik voel sy ontuis en Roos laat haar onwelkom voel. Lien vind gou uit
dat daar sekere ongeskrewe reëls bestaan en dat hulle nie in mekaar se gebied
durf oortree sonder om gevolge te verwag nie. Sy maak gou vriende met Tibbey,
maar dit neem heelwat langer om Roos na haar kant oor te haal.
Mettertyd voel Lien asof hulle een groot
gesin is wat mekaar bystaan en onderskraag. Almal is in 'n geveg om oorlewing
betrokke en hulle deel mekaar se lief en leed. Dis in hierdie ruimte waar Lien
se leierseienskappe na vore kom wanneer sy die leiding neem om vir Tibbey 'n karretjie
te bekom om weer kwaliteit aan sy lewe te gee. Sy leer ook om minder op haar
eie probleme en behoeftes te fokus en haar toe te wy aan 'n goeie saak. Sy
skuif haar eie finansiële behoeftes op die agtergrond in 'n poging om 'n lojale
vriend te help.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking