Woensdag 01 Junie 2022

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman (Woordstrukture)

Woordstrukture

 

1.

Ilaria se toespraak is (van, vir, oor – regte voorsetsel) ___ Ingrid Jonker, die (populêre – sinoniem) ___ Afrikaanse digter, maar haar klasmaats toon min (belangstel – afgeleide naamwoord) ___.

2.

(Mejuffrou – afkorting) ___ Beukes moedig haar leerders aan om SkugterDigter se blog te besoek en 'n paar van haar (gedig – meervoud) ___ te lees.

3.

Versindaba dink SkugterDigter is (beslis – sinoniem) ___ 'n baie (talent – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ jong digter met baie potensiaal.

4.

Barend is verlief (met, vir, op – regte voorsetsel) ___ Ilaria, maar sy (spel – afgeleide naamwoord) ___ is so (goed – antoniem) ___ dat sy nie belangstel nie.

5.

Ilaria skryf 'n kort (gedig – verkleining) ___ oor die belangrikheid van (poetry – Afrikaans) ___ en taal en sy (plan – afgeleide werkwoord) ___ om dit na skool op haar blog te sit.

6.

Sy is altyd (in die middae – een woord) ___ vroeg reeds (by die huis – een woord) ___, maar vandag is sy nog (vroeg – vergrotende trap) ___ as gewoonlik.

7.

Ilaria is baie (opgewonde, opgewende, opwindend – regte word) ___ as KennerVanDieAand sê dat hy groot (bewonder – afgeleide naamwoord) ___ vir SkugterDigter het.

8.

Haar geheime (bewonder – afgeleide naamwoord) ___ bly (alleen – intensiewe vorm) ___ in Amsterdam en is blykbaar 'n (skryf – afgeleide naamwoord) ___.

9.

KennerVanDieAand is (uiteindelik, eindelik, eintlik – regte word) ___ Gerhard Cilliers wat (jealous – Afrikaans) ___ op Ilaria is en nou (wreek – afgeleide naamwoord) ___ wil neem.

10.

(A.g.v – skryf in woorde) ___ die foto van haar (naakte – antoniem) ___ borste en wat Gerhard (daaraan, daarmee, daarvan) ___ doen, besluit Ilaria om (suicide – Afrikaans) ___ te pleeg.

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking