Vrydag 23 Januarie 2026

TOEMAAR DIE DONKER MAN - Ingrid Jonker

TOEMAAR DIE DOKER MAN - Ingrid Jonker 

1.1       Watter aanduiding (behalwe die woord ou) is daar dat die man reeds oud is? Haal ʼn paslike versreël as antwoord aan.
1.2       Wat maak hom so merkwaardig vir sy jare?
2.         Wie is hierdie ou man in werklikheid en wat is hy besig om te doen?
3.         Van watter bron van lig lees ons in
3.1       die eerste strofe?
3.2       die tweede strofe?
4.1       Na watter voël wat mooi sing word daar verwys?
4.2       Hoekom word daar spesifiek na hierdie voël verwys?
5.1       Na watter blom wat lekker ruik, word daar verwys?
5.2       Hoekom word daar spesifiek na hierdie blom verwys?
6.1       Na watter plante word daar nog verwys?
6.2       Na watter insekte word daar verwys?
7.1       Die donker man het vier verskillende name, volgens die ma. Noem vier.
7.2       Watter naam dui op stilte?
7.3       Watter naam dui daarop om jou gedagtes af te skakel?
7.4       Watter naam dui aan dat ʼn mens nie bang moet wees vir die donker man nie?
7.5       Gee nog ʼn rede uit strofe 1 hoekom ʼn mens nie die donker man hoef te vrees nie.
7.6       Gee ʼn ander naam vir die donker man wat nie in hierdie gedig voorkom nie.
8.         Die kind praat drie keer met haar ma. Hoekom voltooi sy nie haar derde vraag nie?
9.         Noem drie dinge in strofe 2 wat deel is van die nag.
10.       Watter vier troetelname gebruik die ma wanneer sy met haar kind praat?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking