Vrydag 23 Januarie 2026

TOEMAAR DIE DONKER MAN – Ingrid Jonker

 TOEMAAR DIE DONKER MAN – Ingrid Jonker

INHOUD

Ingrid Jonker het hierdie gedig opgedra aan haar dogtertjie Simone en die gedig is dan ook geskryf in die trant waarin ʼn mens met ʼn kind sal praat.

Ons vind hier ʼn gesprek tussen ʼn ma en haar kind. Waarskynlik sit die ma langs haar kind se bed en wag dat die kind moet slaap. Sy vertel vir die kind van die ou man met die krom rug wat al op die horison om die aarde stap. In sy hare dra hy ʼn volmaan en om hom hang die soet geur van jasmyn, want hy dra jasmyn in sy knoopsgat.

Die dogtertjie wil weet wat die ou man doen terwyl hy op die horison stap en die ma vertel dat hy vir die nag gereed maak: hy roep die krieke om in die aandstilte te kom sing. Hy maak die lug se deur oop en nooi die sterre wat klop om in te kom, sodat hulle in die naghemel kan skyn.

Die dogtertjie vra wat die ou man se naam is, en die ma verduidelik dat hy verskillende name het. Sy een naam is Sjuut, want ʼn mens moet stil raak voordat jy gaan slaap. Sy ander name is Slaap en Meneer Vergeet. Hy kom uit die land van vaak om mense hier aan die slaap te maak. Hy word ook Toemaar genoem, want ʼn mens moenie vir hom bang wees nie; hy sal ʼn mens nie kwaad aandoen nie. Hy is Toemaar, die donker man, wat klein kindertjies na droomland toe neem.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking