AGTERGROND EN KOMMENTAAR
Antjie Krog se ma is die bekende Afrikaanse kortverhaal- en essayskrywer Dot Serfontein. Sy debuteer in 1970 met Dogter van Jefta, "kaalvoet"-gedigte wat met hulle eenvoud en praattoon die wêreld van die skoolkind verken. In Ma met sy eenvoud, onskuld en kinderlike logika word die moeder vereer wat bereid is om na haar kind te luister, riglyne vir die lewe te gee en haar teen die lewe te beskerm. (Bron: J C Kannemeyer: Die Afrikaanse Literatuur 1652–2004)
Antjie Krog spreek kritiek uit teen die feit dat dieselfde gedigte van digters oor en oor op skoolvlak met leerders behandel word, eerder as om te eksperimenteer en nuwe gedigte te bestudeer. Sy sal graag wil sien dat leerders voorgestel word aan ʼn wyer verskeidenheid van haar gedigte en dan aandui waarvan hulle hou en waarvan nie. Haar raad aan voornemende jong digters is: lees, lees, lees, lees, lees!
Bekende gedigte van Antjie Krog wat gereeld op skoolvlak bestudeer word, is Ma, Biologie-klas, Klein vrede en Omdat.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking