VRAE
|
1. |
Verduidelik in een sin waarom jy dink dat die spreker so ʼn eenvoudige gedig vir haar ma skryf. (1) |
|
2.1 |
Watter twee opeenvolgende woorde beteken dat die spreker nie die gedig vir ʼn spesifieke rede skryf nie? (1) |
|
2.2 |
Kyk na die res van die inhoud van die gedig. Dink jy dat die spreekster wel ʼn rede/redes gehad het waarom sy die gedig geskryf het? Motiveer jou antwoord in jou eie woorde. (2) |
|
3. |
Wat, dink jy, bedoel die spreker met ʼn "kaalvoet gedig"? (1) |
|
4. |
Gee ʼn rede/redes waarom ʼn mens kan sê dat die gedig nie ʼn spesifieke soort gedig is nie. (2) |
|
5. |
Kyk na versreёls 7 en 8. Waarom was dit soms dalk moeilik vir die ma om haar kind groot te maak? (1) |
|
6. |
Die ma se oё was waarskynlik nie regtig swart nie. Watter ander betekenis het hierdie woord moontlik? (1) |
|
7. |
Die woord "beitel" is gewoonlik ʼn selfstandige naamwoord. In die konteks van die gedig is dit egter ʼn werkwoord. Gee ʼn sinoniem vir hierdie werkwoord. (1) |
|
8. |
Waarom noem die spreker haar ma se kop ʼn "leiklipkop"? (1) |
|
9. |
Watter vyf opeenvolgende woorde beteken dat die spreker se ma haar nie toelaat om hoogmoedig te word en te gemaklik in haar situasie te wees nie? (1) |
|
10. |
Waaraan kan ʼn mens sien dat die spreker se ma streng Christelike waardes nastreef? (1) |
|
11. |
Watter enkele woord impliseer dat die spreker se ma die enigste persoon is wat na haar luister, die een met wie sy graag haar probleme wil deel? (1) |
|
12. |
Wat impliseer die woorde "jou huis my enigste bybel" van die manier waarop haar ma haar grootgemaak het? (1) |
|
13. |
Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is en gee ʼn aanhaling om jou antwoord te staaf: Die spreker is nie tevrede met haarself as mens nie. (2) |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking