VRAE
1.1 Verduidelik die betekenis van die woord "genre" in jou eie woorde. (1)
1.2 Na watter genre verwys die spreker in die eerste versreël? (1)
1.3 Wat impliseer die woord "vervolmaak" van Rembrandt se hantering van hierdie genre? (1)
2.1 Watter vereiste, dink jy, het die rykes dikwels aan Rembrandt gestel wanneer hy hulle portrette geskilder het? (1)
2.2 Waartoe het dit (jou antwoord in 2.1) dus gelei toe hy sy selfportrette geskilder het? (1)
3. Som in 1 sin op wat die inhoud van Rembrandt se selfportrette was. (1)
4. Waarom, dink jy, sê die spreker nie bloot dat die mense na Rembrandt se selfportrette "gekyk" het nie, maar daarna "gegluur" het? (1)
5. Gee twee opeenvolgende woorde wat impliseer dat Rembrandt ongelooflik aantreklik gelyk het op sy selfportrette. (1)
6. In strofe 2 lees ons "Soveel keer so het hy dit weergegee". Watter enkele woord in strofe 3 som op dat Rembrandt sy selfportret "soveel keer" geskilder het? (1)
7. Die spreker sê dat ʼn mens enige van Rembrandt se oorspronklike selfportrette as voorbeeld kon neem om dit met die laaste twee te vergelyk.
7.1 Wat impliseer dit van die tientalle oorspronklike skilderye wat hy geskilder het? (1)
7.2 Wat impliseer dit van die laaste 2 selfportrette wat hy geskilder het? (1)
7.3 Kyk na die inhoud van versreël 11. Wat is dus die beeld wat Rembrandt van homself in hierdie twee skilderye geskep het? (1)
7.4 Wat kan ʼn mens hieruit aflei oor Rembrandt se lewe? (2)
8. Vertel kortliks wat die opdrag is wat die spreker aan die lesers van hierdie gedig gee. (3)
9. Met watter woord in die eerste versreël hou die woord "meesterlik" in die laaste versreël verband? (1)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking