SELFPORTRET – Herman Lintvelt
VRAE
1. |
Hoekom kan hierdie skoolseun nog nie regtig ‘n ‘portret’ van homself skets nie, volgens strofe 1? |
2. |
Wat sien hy as hy in die spieël na homself kyk? Sê kortliks. |
3. |
Wat sien hy as hy verby homself in die spieël kyk? |
4. |
Hoekom kry hy dalk nie ‘n duidelike beeld van homself in die spieël nie? |
5. |
Wat verstaan jy onder ‘n A-kandidaat? Verduidelik kortliks. |
6. |
Watter woord sê dat die seun bereid is om sy kennis en insig met ander te deel? |
7. |
Watter probleem ondervind sy onderwysers wanneer hulle sy werk nasien? |
8. |
Watter woord beteken nie ‘pligsgetrou’ in die konteks nie? |
A |
toegewyd |
B |
verantwoordelik |
C |
onvoorspelbaar |
D |
nougeset |
9. |
Haal die versreël aan wat moontlik die oneweredige tipografiese uitleg van strofe 1 verklaar. |
10. |
Wat is beslis nie die seun se sterkpunt nie? Sê in een woord. |
11. |
Waar bring hy skynbaar graag sy tyd deur? |
12. |
Wat wek die indruk dat hy ‘n baie vol program het? |
13. |
Watter woord beteken: om diep na te dink? |
14. |
Wat verstaan jy tradisioneel onder die woord ‘selfportret’, en hoe verskil die medium wat hier gebruik word van die tradisionele? |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking