SELFPORTRET – Herman Lintvelt
BESPREKING
Die gedig handel oor ‘n tiener se soeke na ‘n ware identiteit en die onsekerhede oor homself. Die seun in die verhaal wil ‘n portret van homself saamstel, maar hy besef dat hy homself nog nie werklik ken nie. Hy weet hoe hy lyk, wat sy voorkeure en afkeure is, sy vermoëns en onvermoëns, maar hy besef dat dit nog nie die prent oor hom kan voltooi nie.
Die seun se onsekerheid oor homself word duidelik aangetoon deur die oneweredige tipografie van die eerste strofe. Die een oomblik beweeg die woorde vorentoe, dan weer terug, dan weer vorentoe, ensovoorts. Ons sien dit ook in die vele vingermerke op sy bril: die een oomblik sit hy die bril op en die volgende oomblik haal hy dit weer af. Waar hy aanvanklik net oor homself sit en dink, peins hy later. ‘Peins’ behels ‘n veel dieper manier van dink. Oppervlakkige dink bring nie antwoorde nie, daarom moet hy dieper dink.
Mooi dinge word deur ander mense oor die seun gesê. Dit bly egter steeds andere se sienings en woorde. Hy ken homself nog nie goed genoeg om te weet of dit deel van sy selfportret moet wees nie, want daar is soveel dinge wat hy eers self sal moet ontdek.
AGTERGROND EN KOMMENTAAR
Hierdie gedig is nie in ‘n bundel gepubliseer nie en daar bestaan baie min biografiese inligting oor die digter. Die gedig is skynbaar deur ‘n skoolseun geskryf en die inhoud daarvan is moontlik outobiografies van aard.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking