Saterdag 18 Oktober 2025

SELFPORTRET – Herman Lintvelt

SELFPORTRET    Herman Lintvelt 

INHOUD

‘n Vyftienjarige skoolseun sit en wonder wat hy oor homself sal kan skryf as hy deur woorde ‘n selfportret van homself moet maak. Hy weet hoe hy lyk, maar hy ken homself nog nie regtig nie. Hy besef dat daar nog baie dinge is wat hy van homself moet ontdek. As hy in die spieël kyk, sien hy ‘n jong seun met ‘n bril wat vuil en dof is van al die vatmerke daarop, hy sien die hande ‘van iemand wat handewerk ken’ en hy sien sy deurmekaar hare. Dit is egter slegs sy uiterlike en nog nie sy ware self nie.

Die seun probeer verder as die uiterlike kyk en dink aan homself as ‘n skrander leerling – hy kry ‘n A-gemiddeld vir sy vakke op skool. Mooi dinge word oor hom op sy rapport geskryf: Onderwysers beskou hom as ‘n behulpsame leerling wat toegewyd is aan sy akademiese werk. Hulle kla egter dat hy baie onduidelik skryf.

Die seun besef dat hy nie ‘n uitblinker in sport is nie. Hy speel nie rugby en krieket nie en hy is ook nie ‘n goeie atleet nie. Trouens, hy stel glad nie in sport belang nie. Hy is op sy gelukkigste as hy agter sy rekenaar kan sit. Hy sal graag meer tyd daar wil deurbring, maar sy studies laat hom nie met veel vrye tyd nie. Hy is so ‘n doodgewone, selfs vervelige, seun dat hy wonder wat hy nou eintlik oor homself sal kan skryf as hy ‘n ‘selfportret’ met woorde moet teken. Hy dink diep hieroor na, maar hy kan nie antwoorde vind nie. Miskien sal daar meer te sê wees as hy eers ander fasette van homself ontdek het.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking