SELFPORTRET – Herman Lintvelt
REËLVERKLARINGS
|
Titel
|
‘Selfportret’ verwys hier nie na ‘n skildery nie, maar na ‘n beskrywing van die 15-jarige skoolseun. |
|
Versreël 1-3 |
Die skoolseun wil ‘n ‘selfportret’ skryf. Hy wil probeer sê watter soort mens hy is. |
|
Versreël 4,5 |
Hy dink dit sal dalk help as hy in die spieël kyk en sê wat hy sien. ‘n Spieëlbeeld wys egter net jou uiterlike trekke, nie watter soort persoon jy is nie. |
|
Versreël 6,7 |
Hy bra ‘n bril waardeur hy nie baie goed kan sien nie. Hy kry dus nie ‘n baie duidelike beeld van homself nie. Die vae beeld wat hy in die spieël sien, verwys ook na die feit dat hy homself nog nie regtig ken nie. Daar is vingermerke op sy bril, ‘n teken dat hy die bril gedurig opsit en afhaal, ‘n verdere aanduiding van sy onsekerheid oor homself. |
|
Versreël 8, 9 |
Dis nie duidelik wat die spreker met ‘handewerk’ bedoel nie. Die res van die gedig dui nie werklik aan dat hy harde fisieke werk verrig nie. Miskien probeer hy sy eie beeld verbeter deur voor te gee dat hy handewerk verrig. |
|
Versreël 10, 11 |
Hy sien sy deurmekaar hare, maar besef dat dit geen aanduiding is van wie hý is nie, ‘n mens moet verby die uiterlike kyk om die ware self te ontdek. Hy het homself nog nie ‘ontdek’ nie. |
|
Versreël 12 |
Hy is ‘n skrander seun wat baie goed op skool presteer. Hy is ‘n onderskeidings-kandidaat en behaal ‘n A-gemiddeld vir sy akademiese werk. |
|
Versreël 13, 14 |
Onderwysers skryf mooi dinge oor hom op sy skoolrapport: Hy is behulpsaam (help moontlik ander leerders wat sukkel) en toegewyd aan sy werk. |
|
Versreël 15 |
Hulle sal egter wil sien dat hy duideliker skryf; hulle sukkel om sy handskrif te ontsyfer. |
|
Versreël 16, 17 |
Die seun presteer nie goed op sportgebied nie en hy stel ook nie in sport belang nie. |
|
Versreël 18–20 |
Hy hou baie daarvan om op sy rekenaar te werk en hy sal graag meer tyd voor die rekenaar wil deurbring. Sy tyd is egter beperk en hy kry nie genoeg geleentheid om sy passie uit te leef nie. Dis moontlik sy akademiese werk wat hom so besig hou. |
|
Versreël 21 |
Hy dink lank en diep na oor homself. Die ellips dui op die lang tyd wat hy aan sy gedagtes wy. |
|
Versreël 22,23 |
Hy kan nie besluit wat hy oor homself moet skryf nie. Dis omdat hy homself nog eers ten volle moet ontdek dat hy so onseker is. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking