Saterdag 11 Oktober 2025

DIE STRAATKIND - Linda Roos

Vrae

1.

Wat impliseer die woord "wou" in die gedig? (1)

2.

Waarom, dink jy, gebruik die spreker die woord "hoere" en nie "prostitute" nie? (1)

3.

Sê in jou eie woorde wat die spreker met die woord "reserveer" in die konteks van die gedig bedoel. (1)

4.

Watter woord sê vir jou dat die kind nie deel was van die samelewing nie? (1)

5.

Gee 3 moontlike verduidelikings vir die woord "snuif" in die gedig. (3)

6.

Hoe probeer die straatkind homself "verdedig" teen die samelewing? Sê in jou eie woorde. (1)

7.

Noem 2 dinge van die straatkind se hemp wat die spreker raaksien. (2)

8.

Wat impliseer die woord "toegepleisterde"? Sê kortliks. (2)

9.

Waarom, dink jy

9.1

"steun" die bome? (1)

9.2

"spartel" die konyne? (1)

10.

Haal die versreël aan wat sê dat die spreker tot ander insigte gekom het. (1)

11.

Waarvan is kraaie simbolies? (1)

12.

Waarom, dink jy, word die simboliek van die kraai in hierdie gedig gebruik? (1)

13.

Watter woord sê dat die spreker nie weet waar die bloed vandaan kom nie? (1)

14.

Wat, dink jy, was die spreker se doel met hierdie gedig? (1)

PARAGRAAF

Daar is baie maatskaplike (sosiale) kwessies in ons samelewing wat ons verkies om te ignoreer. Die lot van straatkinders is maar een daarvan. Skryf oor ander maatskaplike kwessies waarby ons nie betrokke wil raak nie en sê ook hóé jy dink hierdie probleme aangespreek behoort te word.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking