Saterdag 11 Oktober 2025

DIE STRAATKIND - Linda Roos

Antwoorde

1.     Die spreker het toe nie net verbygemik nie.

2.     Die woord is krasser en skokkender om die sedeloosheid nog meer te beklemtoon.

3.     Hierdie gesigsuitdrukking word net gebruik wanneer ʼn mens by sekere mense verbystap.

4.     "eenkant"

5.     Hy is moontlik ʼn dwelmverslaafde wat gom snuif.

        Hy snuffel vir kos in asblikke soos ʼn hond.

        Hy het dalk gedurig verkoue weens sy lewe op straat.

6.     Alhoewel die kind skraal en tengerig gebou is, is daar iets verdedigends/aggressiefs in sy liggaamshouding, asof hy nie sal toelaat dat hy geboelie word nie.

7.     Sy hemp is vuil.

        Sy hemp is te klein vir hom.

8.     Maatskaplike probleme word nie opgelos nie. Die wêreld ignoreer dit asof dit nie bestaan nie.

9.1   Hulle ervaar pyn.

9.2   Hulle voel vasgevang en wil loskom uit hul situasie.

10.   "en daar was wysheid in die lug"

11.   Kraaie is ook boodskappers van die dood, m.a.w. die emosionele dood van die samelewing.

12.   Om aan te dui dat mense nie omgee vir die behoeftes van dié wat op straat leef nie. Dis ʼn soort wekroep om mense te laat wakker skrik.

13.   "onverklaarbaar"

14.   Om ʼn maatskaplike kwessie aan te spreek. Dit dui daarop dat mense afgestomp geraak het vir die behoeftes van die samelewing. Hulle wil net pleisters oor die probleme plak en dit nie aanspreek of probeer oplos nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking