Vrydag 01 September 2023

DONKER WEB: Ruimte

 

DONKER WEB: Ruimte

VRAE

Greg se woonplek in Stellenbosch

1.

Waar kry Greg die geld om 'n duur woonstel in Stellenbosch te kan bekostig?

2.

Greg ontmoet een van sy bure wanneer hy in Stellenbosch aankom. Wie is dit, en wat studeer die persoon?

3.

Vir wie gee hy 'n woonstelsleutel?

4.

Waar is Greg wanneer daar by sy woonstel ingebreek word?

5.

Wat sien hy teen die glasdeur as hy in die woonstel kom?

Greg-hulle se woonplek in Istanboel

6.

By wie gaan Greg en Plank tuis terwyl hulle in Istanboel is?

7.

Wat gebruik Xander om die woonsteldeur oop te maak?

8.

Die woonplek is klein en nie bedoel vir vier mense om in te woon nie. Waar slaap Greg en Plank terwyl hulle daar tuisgaan?

9.

Hoekom is Plank die rede dat Greg-hulle uit Istanboel moet vlug?

10.

Met watter roete ontvlug Greg-hulle wanneer hul lewens in gevaar verkeer?

11.

Hoe slaag hulle daarin om tot in die straat te kom?

12.

Watter moeilike besluit moet Greg neem voordat hulle Istanboel verlaat?

Greg-hulle se hotel in Florence

13.

Wie het vir Greg-hulle plek in die hotel bespreek?

14.

Wie hoop Greg sal in Florence by hulle aansluit?

15.

Wie sluit egter wel by hulle in Florence aan?

16.

Watter pakkie ontvang Xander terwyl hulle by die hotel in Florence tuisgaan?

17.

Waarin is die inhoud van die pakkie versteek?

18.

Wat doen Xander met die inhoud van die pakkie wat Greg groot laat skrik?

19.

Watter nota ontvang Greg terwyl hulle by die hotel in Florence tuisgaan?

20.

Waar woon die Baker en Valkyrie terwyl hulle in Florence is?

Greg-hulle se woonplek in Venesië

21.

Greg-hulle gebruik die studio se kombuis nie net om kos te maak nie. Waarvoor gebruik hulle dit hoofsaaklik? 

22.

Waar bly oom Dirk in hierdie tyd?

23.

Waar bly die Baker skynbaar terwyl hy in Venesië is?

24.

Watter belangrike deurbraak om die Baker op te spoor, maak Greg-hulle terwyl hulle in Venesië is?

25.

Waar kom Greg-hulle van aangesig tot aangesig met die Baker en met Valkyrie terwyl hulle in Venesië is?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking