Saterdag 12 Augustus 2023

DONKER WEB: SEBASTIAN STADLER – die uitskot van Uitschotkraal

SEBASTIAN STADLER – die uitskot van Uitschotkraal

VRAE

1.

Waar en onder watter omstandighede ontmoet Greg Owen die eerste keer vir Sebastian Stadler?

2.

Wat sê Sebastian van Greg se pa voordat Greg later daardie aand vertrek? Haal Sebastian Stadler se woorde aan.

3.

Noem drie ander plekke waar Greg later weer vir Sebastian sien.

4.

Ons lees van verskeie projekte in die boek.

 

4.1

Hoekom het Sebastian Stadler Project Coast verlaat?

 

4.2

By watter projek was Chris Owen (Greg se pa) en Sebastian Stadler betrokke?

 

4.3

By watter ander projek was Chris Owen en Rian Trollip betrokke?

 

4.4

Watter wrede projek beplan Sebastian Stadler vir die toekoms?

5.

Watter karakter in 'n bekende kleuterrympie word deur Sebastian Stadler verpersoonlik?

6.

Na watter ander persone word daar deur die karakters in die kleuterrympie verwys?

7.

Sebastian Stadler het op die plaas Uitschotkraal in die Vrystaat grootgeword waar sy passie vir doodmaak met gif begin het.

Watter beskrywing definieer die woord "uitskot" die beste?

 

A

Iemand op wie 'n mens trots kan wees

 

B

Iemand wat net die mooi dinge in die lewe raaksien

 

C

Iemand wat deur ander mense verwerp word

 

D

Iemand van wie 'n mens nie weet wat om te verwag nie

8.

In watter opsig kan Sebastian as die uitskot van Uitschotkraal beskou word?

9.

Volgens Sebastian het hy met sy wreedhede op die plaas begin om sy pa te beïndruk. Sê kortliks watter soort man sy pa was.

10

Vertel kortliks wat daar in Sebastian se slaapkamer op die plaas was.

11.

Hoe was Sebastian Stadler en Rian Trollip verwant?

12.

Hoekom het Rian saam met Sebastian op Uitschotkraal grootgeword?

13.

Sê kortliks hoe Sebastiaan vir Greg met gif probeer doodmaak.

14.

Hoekom sterf Greg egter nie van hierdie poging nie?

15.

Wie kan as Sebastian Stadler se sielsgenoot beskou word?

16.

Wat was dié persoon se rol by Project Nursery Rhyme?

17.

Watter rol het sy in die teregstelling van regter Gericke gespeel?

18.

Watter rol het sy in Plank se dood gespeel?

19.

Verskeie karakters sterf in hierdie boek.

 

19.1

Sê kortliks hoe en waar Sebastian Stadler sterf.

 

19.2

Sê kortliks hoe en waar Rian Trollip sterf.

20.

Sebastian Stadler is die antagonis in die verhaal. Sê kortliks wat 'n antagonis is.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking