Voer die opdragte uit soos deur die donker-gedrukte woorde aangedui. Jy kan een of twee sinne gebruik en jou antwoorde moet 15–20 woorde lank wees.
1 |
Greg is baie ontsteld wanneer hy die foutiewe berig in die Turret Herald lees. Hy besluit om 'n kwaai brief aan die redakteur te skryf en daaroor te kla. Hy beklemtoon ook watter negatiewe effek dit op ander mense het. Wat sê hy in sy brief? |
2 |
2 |
Die Turret Herald beantwoord Greg se brief en vra verskoning vir die misverstand. Hulle belowe om die fout reg te stel. Wat skryf hulle vir Greg? |
2 |
3 |
Greg is nou 'n tweedejaarstudent. Hulle rugbyspan is in Istanboel om 'n paar wedstryde te speel en hy besluit om Xander en Ayla te besoek. Hulle is baie verbaas en gasvry wanneer hulle hom sien. Wat sê Xander vir Greg? |
2 |
4 |
Greg se pa se appél teen sy vonnis was onsuksesvol. Hy het vrede daarmee gemaak en dit gaan nou heelwat beter met hom. Greg besoek hom elke vakansie in die tronk. Hy besoek hom weer vandag en wil weet hoe dit gaan. Sy pa is opgewonde om Greg te sien en wens hom geluk met sy goeie eksamenuitslae. Wat sê sy pa? |
2 |
5 |
Julle het nou Donker web klaar gelees. Jou onderwyser wil graag leerders se terugvoering kry oor wat hulle van die boek gedink het. Skryf nou een positiewe en een negatiewe kommentaar wat jou klasmaats op die boek gelewer het. |
2
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking