Maandag 10 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 7 – Geregtigheid vir 'n regter, ongeregtigheid vir 'n boesemvriend – Woordstrukture

  

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.

 

1

Greg en Xander kyk met (verlig – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ na die Baker se (lewenslose, lewelose, leweloose – kies die regte woord) _____ liggaam op die grond en is bly dat alles (over – gee die Afrikaans) _____ is.

3

2

Greg merk op dat die (boos – gee die regte vorm) _____ Valkyrie skielik (verskyn – gee 'n antoniem) _____ het.

2

3

Daar heers groot (opgewonde – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ op die boot terwyl hulle die (murder scene – gee die Afrikaans) _____ verlaat.

2

4

Xander vra weer vir Greg (verskoon – gee 'n afgeleide naamwoord) _____. Hy het nie besef dis wat (wreek – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ aan hom sal doen nie.

2

5

Plank (gaan dood – gee een woord) _____ wanneer Valkyrie se trawante hom skiet. Dirk (drink – gee 'n afgeleide werkwoord) _____ amper tydens hierdie (voorval – gee 'n sinoniem) _____, want hy is nie 'n goeie (swem – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ nie.

3

6

Met (spartel – gee 'n afgeleide deelwoord) _____ bene en (swaai – gee 'n afgeleide deelwoord) _____ arms bereik Greg en Dirk uiteindelik die (surface – gee die Afrikaans) _____ van die water.

3

7

Greg is baie hartseer oor die (verloor – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ van sy heel (goed – gee die oortreffende trap) _____ vriend. Hulle wou nog so baie dinge (together – gee die Afrikaans) _____ gedoen het.

3

8

Al die (plan – gee 'n afgeleide deelwoord) ____ dinge vir 'n (gelukkige – gee die intensiewe vorm) _____ toekoms saam met Lisa is nou iets van die (toekoms – gee 'n antoniem) _____ vir Plank. _____

3

9

(A.g.v. – skryf in woorde) _____ die transponder in Plank se hand verskyn daar 'n (foutiewe – gee 'n sinoniem) _____ berig oor sy dood in (koerante, koerants, nuuspapiere, tydskrifte – kies die beste woord) _____.

3

10

Greg se soektog na die Baker was (sukses – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) _____, maar hy moes 'n (hoog – gee die vergrotende trap) ____ prys daarvoor betaal as wat hy ooit kon dink.

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking