Maandag 10 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 7 – Geregtigheid vir 'n regter, ongeregtigheid vir 'n boesemvriend – Kommunikasie

Voer die opdragte uit soos deur die donker-gedrukte woorde aangedui. Jy kan een of twee sinne gebruik en jou antwoorde moet 15–20 woorde lank wees.

 

1

Dirk Schutte is agter die boot se stuur op die Canale Grande wanneer hy skielik sien hoe snelboot op hulle afpyl. Hy skree om die ander te waarsku en stel voor wat hulle moet doen. Wat sê hy?

2

2

Dirk kan nie swem nie en raak paniekerig. Hy smeek Greg om hom te help. Wat probeer hy onder die water vir Greg sê?

2

3

Dirk is geskok en hartseer oor wat met Plank gebeur het. Hy bel vir Lisa om haar te vertel en om haar to probeer troos. Wat sê hy?

2

4

Xander is baie jammer oor wat met Plank gebeur het en simpatiseer met Greg oor sy beste vriend se dood. Wat sê hy vir Greg?

2

5

Greg kom sonder sy beste vriend in Suid-Afrika aan en sy ma ontmoet hom op die lughawe. Sy probeer hom troos, maar raas ook met hom omdat sy so bekommerd oor hom was. Wat sê sy?

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking