Maandag 10 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 6 – Sebastian Stadler, die ontwykende Baker – Woordstrukture

 

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.

 

1

Valkyrie sit op 'n (rooi – gee die intensiewe vorm) _____ bankie wanneer Greg-hulle daar (arriveer – gee 'n sinoniem) _____. Sy dra 'n (mask – gee die Afrikaans) _____ en hulle (herken, erken, ontken – kies die regte word) _____ haar nie.

4

2

Sy besluit om haar aan hulle (voorstel – regte vorm) _____ en net hierna (verskyn – gee 'n antoniem) _____ sy om die Baker te gaan haal.

2

3

Sebastian Stadler is 'n (ou – gee 'n sinoniem) _____ man in 'n swart pak. Hy spog (met, oor, van – kies die regte voorsetsel) ____ al die (wreed - gee die regte vorm van die woord) _____ dinge wat hy al gedoen het.

3

4

Volgens hom was hy (afwesig – gee 'n antoniem) _____ (tydens – gee 'n sinoniem) _____ Xander se pa se (teregstel – gee 'n afgeleide naamwoord) _____.

3

5

Hy het Rian Trollip in die (gevangenis – gee 'n sinoniem) _____ laat vermoor deur hom met 'n (kombers, kombuis, komkommer – kies die regte woord) _____ te laat ophang.

2

6

(A.g.v. – skryf in woorde) _____ sy voorliefde vir gifstowwe het hy diere op die plaas doodgemaak en in sy kamer (uitstal – gee die regte vorm) _____

2

7

Valkyrie het voorgestel dat hulle Xander se pa met 'n rubberband oor sy gesig moes (verhoor, versmoor, vermoor, verloor – kies die beste woord) _____.

1

8

Na regter Gericke se dood is sy (liggaam – gee 'n sinoniem) _____ in die see gegooi. Hy het dadelik (gedryf) _____ omdat daar (gewig – gee die meervoud) _____ aan sy voete vasgemaak was.

3

9

Sebastian slaan sy (umbrella – gee die Afrikaans) _____ oop wanneer dit (sag – gee 'n antoniem) _____ begin reën. Al die ander soek vinnig (skuil – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ (vir, van, teen – kies die regte voorsetsel) ____ die reën.

4

10

Xander pluk die pistool (vinnig – gee die intensiewe vorm) _____ uit en skiet die Baker met drie (skoot – gee die meervoud) _____ dood voordat hy (ver – gee die vergrotende trap) _____ kan praat.

3

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking