Maandag 10 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 6 – Sebastian Stadler, die ontwykende Baker – Sinstrukture

 

Voltooi die onderstaande sinne soos aangedui.

 

1

Sebastian het alreeds as kind diere op die plaas vergiftig.

Alreeds as kind ...

1

2

Sy pa het hom en Rian voortdurend fisiek en emosioneel mishandel.

Hy en Rian ...

1

3

Sebastian en Rian het albei in virologie gespesialiseer.

Sowel ...

1

4

Sebastian wil weet hoe Xander by die onderwêreld betrokke geraak het.

Sebastian vra: "Xander, ...?"

1

5

Die Baker dreig dat hy met Rian se vrou sal afreken oor die gebrande boek.

Die Baker dreig om ...

1

6

Sebastian vertel dat een van hulle vergiftig is en binnekort sal sterf.

Sebastian sê: "..."

1

7

Die Baker is deur Valkyrie aan Chris Owen en Dok Pienaar voorgestel.

Valkyrie ...

1

8

Sebastian het sy broer in die tronk laat vermoor omdat hy polisie toe wou gaan.

Aangesien ..., ...

2

9

Valkyrie het voorgestel dat hulle regter Gericke met 'n rubberband doodmaak.

Valkyrie het gedink hulle behoort ...

1

10

Die Baker-hulle het Greg se pa vermoor. Hulle het sy lyk in die see gestort.

Nadat ..., ...

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking