Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.
1 |
Venesië is een van min (stad – gee die meervoud) _____ wat op water (geboud, gebou, verbou, verbrou – kies die regte woord) _____ is. |
2 |
2 |
Thomas Lawson is Dirk se (groot – gee die oortreffende trap) _____ verdagte, maar Greg dink André Symington is ook 'n (goed – gee die regte vorm) _____ kandidaat. |
2 |
3 |
Xander en Ayla (soek, besoek, versoek – kies die regte woord) _____ die donker web vir meer (informasie – gee 'n sinoniem) _____ oor die Baker. |
2 |
4 |
Dirk sê dat hy nie vir Xander en Ayla (trou, getrou, vertrou – kies die regte woord) _____ nie. Hy (whisper – gee die Afrikaans) _____ wanneer hy dit vir Greg sê. |
2 |
5 |
Xander (plan – gee 'n afgeleide werkwoord) _____ om die Baker (m.b.v – skryf in woorde) _____ die webcam-foto (intussen, tussenin, tussen – kies die regte woord) _____ al die mense te (identify – gee die Afrikaans) _____ |
4 |
6 |
(Een – gee 'n afgeleide rangtelwoord) ____ koop hulle selfone wat goeie (foto – gee die meervoud) _____ kan neem; (twee – gee 'n afgeleide rangtelwoord) _____ toets hulle dit op hulself uit. |
3 |
7 |
Xander gee aandag aan elke (ding – gee die verkleining) _____ wat (miskien – gee 'n sinoniem) _____ kan skeefloop en alle (details – gee 'n sinoniem) _____ word uitgewerk. |
3 |
8 |
Greg hardloop later (vinnig – intensiewe vorm) _____ studio toe en terwyl hy weg is, word sy selfoon (removed – gee die Afrikaans) _____ van waar hy dit gelos het. |
2 |
9 |
Dis baie (maklik – gee 'n antoniem) _____ om rond te beweeg, want die strate is (vol – gee die intensiewe vorm) _____ (toeris – gee die meervoud) _____ |
3 |
10 |
Daar is dosyne (kronkel – gee die afgeleide deelwoord) _____ en baie nou (steeg – gee die meervoud en verkleining) _____ waarin Greg-hulle beweeg en hulle vorder uiters (langsaam – gee 'n sinoniem) _____. |
3 |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking