Maandag 10 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 5 – Die net span al hoe nouer om die Baker – Kommunikasie

 

Voer die opdragte uit soos deur die donker-gedrukte woorde aangedui. Jy kan een of twee sinne gebruik en jou antwoorde moet 15-20 woorde lank wees.

 

1

Greg is baie opgewonde om te hoor dat hulle Venesië toe gaan, want hy wou nog altyd die waterstad besoek en hy bedank Xander dat hulle soontoe kan gaan. Wat sê hy vir Xander?

2

 

2

Xander waarsku Greg egter dat hulle nie vakansie gaan hou nie. Greg moet baie versigtig wees en uitkyk vir moontlike gevaar. Wat sê hy vir Greg?

2

3

Xander is kwaad dat Dirk Booysen in dieselfde plek as hulle tuisgaan. Hy vertrou Dirk nie en dink steeds dat hy die Baker kan wees. Wat sê hy vir Dirk?"

2

4

Greg is opgewonde as Xander die Baker met die gesigherkenningsprogram opspoor en hy wens Xander geluk met hierdie prestasie. Wat sê hy?

2

5

Greg word met Plank herenig. Hy is baie verlig om hom te sien. Hy is egter bekommerd as hy sien dat Plank ernstig beseer is. Wat sê hy vir Plank?

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking