Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 4 – Greg spoor die Baker se woonplek in Florence op – Woordstrukture

 

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.

 

1

Xander koop 'n (nuwe – intensiewe vorm) _____ skootrekenaar met hul (aankom – afgeleide naamwoord) _____ in Florence.

2

2

Greg-hulle bring baie tyd in hul hotelkamers in 'n (poog – afgeleide naamwoord) _____ om die Baker (vastrek – regte vorm) _____.

2

3

Hulle verkry back-door-toegang tot die Baker se rekenaar, maar die (informasie – gee 'n sinoniem) _____ daarop is heeltemal (waardevol – gee 'n antoniem) _____.

2

4

Hulle is baie (opgewen, opwindend, opgewonde – kies die regte woord) _____ as hulle die Baker se adres in die hande kry.

1

5

Dis (naby – gee die vergrotende trap) _____ aan die hotel as wat Greg gedink het; hy besluit om te gaan kyk waar die Baker (bly – gee 'n sinoniem) _____.

2

6

Hy sien die Baker en 'n vrou op die terras en dit lyk of hulle hom (verken, ontken, herken – kies die regte woord) _____.

1

7

As Greg-hulle weer daar kom, sê 'n (ou – gee die intensiewe vorm) _____ vroutjie dat hulle (vroeg – gee die vergrotende trap) _____ daardie oggend vertrek het.

2

8

Greg-hulle word in 'n swart motor agtervolg en tot sy (verbaas – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ sien Greg dat Dirk Schutte die motor(-stuur – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ is.

2

9

'n Dag (laat – gee die vergrotende trap) _____ ontmoet Greg Dirk in die Palazzo Vecchio en hy is (convinced – gee die Afrikaans) _____ Dirk is die Baker.

2

10

Dirk vertel dat 'n moord (van, met, op – kies die regte voorsetsel) _____ Dok Pienaar plaasgevind het en dat Greg se pa ernstige (beseer – afgeleide naamwoord) _____ opgedoen het.

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking