Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 4 – Greg spoor die Baker se woonplek in Florence op – Sinstrukture

 

Voltooi die onderstaande sinne soos aangedui.

 

1

Xander koop 'n nuwe skootrekenaar wanneer hulle in Florence aankom.

Wanneer ..., ...

2

2

Greg-hulle bring baie tyd in hul hotelkamers deur om die Baker te probeer vastrek.

Greg-hulle bring baie tyd in hul hotelkamers deur sodat ...

1

3

Hulle verkry back-door-toegang tot die Baker se rekenaar, maar geen waardevolle informasie nie.

Back-door-toegang tot die Baker se rekenaar ... sonder ...

2

4

Uiteindelik slaag hulle daarin om die Baker se adres in Florence in die hande te kry.

Uiteindelik kry ...

1

5

Dis naby die hotel en later daardie aand besluit Greg om te gaan kyk waar die Baker bly.

Aangesien ..., ...

2

6

Hy sien die Baker en 'n vrou op die terras staan en dit lyk of hulle hom ook raaksien.

Hy sien sowel ...; dit lyk of hy ...

2

7

As Greg-hulle die volgende dag weer daar kom, sê 'n ou vroutjie dat hulle vroeg daardie oggend vertrek het.

As Greg-hulle die volgende dag weer daar kom, sê 'n ou vroutjie: "..."

1

8

Greg-hulle word in 'n swart motor agtervolg en Greg is verbaas as hy Dirk Schutte agter die stuurwiel sien.

'n Swart motor ...en Greg is verbaas om ...

2

9

Greg ontmoet Dirk die volgende dag in die Palazzo Vecchio en dink Dirk is die Baker.

In die Palazzo Vecchio ... en hy is feitlik seker dat ...

2

10

Dirk vertel vir Greg dat Dok Pienaar vermoor is en dat sy pa ernstig beseer is.

Dirk vertel: "Greg, ..."

1

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking