Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 3 – Greg-hulle verlaat Istanboel inderhaas – Woordstrukture

 

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.

 

1

Xander besluit dat hulle moet (vlieg, vleg, vlug – kies die regte woord) _____ omdat hul (lewe – gee die meervoud) _____ in (danger – gee die Afrikaans) _____ is.

3

2

Hy (destroy – gee die Afrikaans) _____ die skootrekenaars (vinnig – gee die intensiewe vorm) _____en almal pak hul goed haastig.

2

3

Hulle verlaat die woonstel deur die terrasdeur terwyl (wapen – afgeleide deelwoord) _____ mans begin om die voordeur (oopbreek – gee die regte vorm) _____.

2

4

Hulle klim met 'n leertjie af en spring dan tot (onder, by, op – kies die regte voorsetsel) _____ die kussings.

1

5

Xander (refuse – gee die Afrikaans) _____ dat Plank saamgaan, want hy het al te veel probleme veroorsaak.

1

6

Dis vir Greg baie (maklik – gee 'n antoniem) _____ om 'n (kies – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ tussen Plank en Xander te moet maak.

2

7

Greg gee vir Plank 'n (druk – gee die verkleining) _____ en spring in die (wag – gee 'n afgeleide deelwoord) _____ taxi.

2

8

Ayla glo nie dit was die (Turkye – afgeleide byvoeglike naamwoord) _____ polisie wat hulle kom soek het nie.

1

9

Hulle ry (met, in, per – kies die regte voorsetsel) _____ taxi lughawe toe en almal is (stil – gee die intensiewe vorm) _____.

1

10

Het jy al ooit jou (goed – gee die oortreffende trap) _____ vriend verraai en kan 'n mens (nog – gee 'n sinoniem) _____ vriende wees as jy dit gedoen het?

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking