Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 3 – Greg-hulle verlaat Istanboel inderhaas – Kommunikasie

Voer die opdragte uit soos deur die donker-gedrukte woorde aangedui. Jy kan een of twee sinne gebruik en jou antwoorde moet 15-20 woorde lank wees.

 

1

Xander is baie kwaad as Plank sê dat hy hulle in groot moeilikheid laat beland het. Hy raas met Plank en vir die ander dat hulle moet gou maak en gaan pak sodat hulle kan vlug. Wat sê Xander?

2

2

Daar is skielik 'n harde geklop en gehamer aan die voordeur. Stemme skree en dring aan dat Xander die deur moet oopmaak. Hulle dreig wat sal gebeur as Xander nie die deur kom oopmaak nie. Wat roep die stemme uit?

2

3

Xander probeer die ander gerusstel en gee opdrag dat hulle met hul bagasie moet opgaan solderkamer toe waar hy hulle sal ontmoet. Wat sê hy vir hulle?

2

4

Plank moet van die platform af tot op die kussings op die sypaadjie spring. Hy is baie bang om dit te doen en gee 'n rede vir sy vrees. Wat sê hy?

2

5

Greg neem afskeid van Plank en vra verskoning dat hy hom moet agterlaat. Hy probeer Plank gerusstel dat alles sal uitwerk. Wat sê hy vir Plank?

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking