Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 3 – Greg-hulle verlaat Istanboel inderhaas – Sinstrukture

 

Voltooi die onderstaande sinne soos aangedui.

 

1

Plank vertel daar is mense wat hulle soek. Xander besluit dat hulle moet padgee.

Volgens ..., gevolglik ...

2

2

Hy vernietig die skootrekenaars en almal pak hul goed haastig.

Die skootrekenaars ..., terwyl ...

2

3

Hulle ontvlug deur die terrasdeur. Mans in uniform probeer die voordeur oop-breek.

Hulle besluit om ..., intussen ...

2

4

Hulle klim met 'n leertjie af en spring dan tot op die kussings op die sypaadjie.

Eers ..., en dan ...

2

5

Xander wil nie dat Plank saamgaan nie, want hy het al te veel probleme veroorsaak.

Xander sê: "..., aangesien ..."

2

6

Dis nie vir Greg maklik om tussen Plank en Xander te moet kies nie.

Om ..., ...

2

7

Die twee vriende omhels mekaar en Greg spring in die taxi wat wag.

Nadat ..., ...

2

8

Ayla glo nie dit was Turkye se polisie wat hulle kom soek het nie.

Ayla sê: "..."

1

9

Almal is baie stil op pad lughawe toe.

Op pad ...

1

10

Het jy al ooit 'n goeie vriend verraai? Kan 'n mens dan nog vriende wees?

Nee, ... en nee, ...

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking