Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 2 – Greg en Plank kom in Istanboel aan – Sinstrukture

 

Voltooi die onderstaande sinne soos aangedui.

 

1

Greg moet vinnig gereed maak om Istanboel toe te vertrek.

Greg het nie baie tyd om ...

1

2

Hy moet van sy skootrekenaar en selfoon ontslae raak voordat hy op die vliegtuig klim.

Hy mag eers op die vliegtuig klim nadat ...

1

3

Plank moet saamgaan, want die transponder is in sy hand ingeplant.

Aangesien ..., ...

2

4

Xander versoek dat Greg hom in die Basilica Cistern moet ontmoet.

Xander versoek Greg: "..."

1

5

Hy is baie kwaad as hy besef dat die transponder nie in Greg se hand is nie.

Binnekort ...

1

6

Hy draai sy rug op Greg en wil hom nie verder help nie.

Hy draai sy rug op Greg en weier ...

1

7

Ayla oortuig Xander om Greg 'n tweede kans te gee.

Ayla oortuig Xander dat ...

1

8

Terwyl Greg-hulle in Istanboel is, gaan hulle in Xander-hulle se woonstel tuis.

Terwyl Greg-hulle in Istanboel is, is Xander-hulle se woonstel die plek waar ...

1

9

Greg en Xander is nie meer vriende en hulle beledig mekaar se pa's.

Greg en Xander is nie meer vriende nie, gevolglik ...

1

10

Hulle besef egter dat hulle sal moet saamwerk as hulle die Baker wil opspoor.

Hulle sê egter vir mekaar: "... as ons daarin wil slaag om ..."

2

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking