Brander en ander: Sonstilstand – Jan van Tonder (Kommunikasie)
Elke respons moet 15 – 20 woorde lank wees.
1. |
'n Groot brander gaan breek en Hattie duik met haar kop en haar skouer teen Gerhard se been vas. Sy vra hom verskoning en verduidelik hoekom sy dit gedoen het. Wat sê sy vir hom? |
2. |
Gerhard tel haar op en dra haar strand toe. Hy stel homself aan haar voor en nooi haar uit om daardie aand saam met hom te gaan fliek. Wat sê hy vir haar? |
3. |
Hattie ontmoet Gerhard by die Old Bridge om hom van haar swangerskap te vertel. Gerhard is laat en Hattie raas met hom voordat sy hom saaklik die nuus vertel en en sê wat sy beplan om te doen. |
4. |
Gerhard is baie geskok om van Hattie se swangerskap te hoor, maar hy is ook baie verlig oor die aborsie wat sy gaan hê. Wat sê hy vir Hattie? |
5. |
Hattie is by die kliniek vir 'n aborsie. Skielik is sy baie bang en begin huil. Die simpatieke klinieksuster troos haar en probeer haar gerusstel. Wat sê sy vir haar? |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking