Woordstrukture
1. |
Hattie ontmoet Gerhard terwyl (both – Afrikaans) ___ besig is om in die see te swem. Dis 'n lekker dag, maar die water is (koud – intensiewe vorm) ___ |
2. |
Gerhard (trek – afgeleide werkwoord) ___ die dag na Kersfees (met, vir, tot – regte voorsetsel) ___ vakansie Mauritius toe. |
3. |
Die verhouding vorder baie (vinnig – antoniem) ___, maar dis hoe Hattie dit (kies – afgeleide werkwoord) ___, want sy wil seker wees van Gerhard se (gevoel – meervoud) ___ vir haar. |
4. |
Gerhard kry 'n (uitnooi – afgeleide naamwoord) ___ om saam met Hattie en haar pa te gaan seil, maar hy dink daar is (goed – vergrotende trap) ___ dinge om te doen. |
5. |
Die (twee – rangtelwoord) ___ keer is Hattie en Gerhard (alleen – intensiewe vorm) ___ op die boot en dis waar hulle (seks – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ verhouding begin. |
6. |
Gerhard is (verbaas – intensiewe vorm) ___ as hy hoor Hattie verwag, maar die (goed – oortreffende trap) ___ nuus is om te hoor dat sy 'n aborsie gaan kry. |
7. |
Dit beteken hy het (min – vergrotende trap) ___ verantwoordelikhede (teen, teenoor, oor – regte voorsetsel) ___ Hattie. Dit wys egter dat hy 'n (swak – afgeleide naamwoord) ___ is. |
8. |
Wanneer Hattie besef dat sy swanger is, (kuier, besoek – regte woord) ___ sy die kliniek waar die (simpatie – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ suster vir haar baie (informasie – sinoniem) ___ oor aborsies gee. |
9. |
Na die aborsie is Hattie baie (vrolik – antoniem) ___ en sy (lag – antoniem) ___ baie terwyl die musiek (hard – intensiewe vorm) ___ in haar kamer speel. |
10. |
Hattie en Gerhard was lief vir (each other – Afrikaans) ___, maar weens haar (swanger – afgeleide naamwoord) ___ het dinge nie (uitwerk – regte vorm) ___ nie. |
[Bron: radiox.co.uk]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking