Dinsdag 31 Mei 2022

Brander en ander: SkugterDigter - Lynné Schoeman (Kommunikasie)

Brander en ander: SkugterDigter - Lynné Schoeman (Kommunikasie)

Elke respons moet 15 – 20 woorde lank wees. 

 

1.

Dis die jaarlikse prysuitdeling by Ilaria se skool. Die hoof kondig trots aan dat Ilaria die beste senior-leerder in Afrikaans is. Hy wens haar hartlik geluk. Wat sê hy vir haar?

2.

Ilaria Jordaan is so pas aangewys as die beste senior Afrikaans-leerder. Sy kan dit nie glo nie en is baie opgewonde. Wat sê sy? Sy troos ook vir Gerhard Cilliers wat tweede gekom het. Wat sê sy vir hom?

3.

As Barend uitvind wat Ilaria op die internet gedoen het, is hy kwaad en hy raas met haar oor haar onverantwoordelike optrede. Wat sê hy vir haar?

4.

Ilaria besluit om selfdood te pleeg en probeer haarself troos dat dit die regte ding is om te doen. Sy probeer haar beplande optrede teenoor haarself regverdig. Wat sê sy vir haarself?

5.

Gerhard voel baie sleg oor Ilaria se selfdood en hy besef dat dit sy skuld is. Hy besluit om vir haar 'n briefie te skryf, alhoewel sy dit nooit sal lees nie. Hy vra verskoning vir wat hy gedoen het en smeek om vergifnis. Wat skryf hy in die briefie?  

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking