Woensdag 25 Mei 2022

Brander en ander: Sonstilstand - Jan van Tonder (Sinstrukture)

Sinstrukture

1.

Hattie duik teen Gerhard se bene vas. Hy tel haar op en dra haar strand toe.

 

Nadat …, ...

2.

Hy vra: "Hattie, kan ek jou vanaand weer sien?"

 

Hy vra vir Hattie ...

3.

Hattie antwoord dat sy ongelukkig ander planne vir daardie aand het.

 

Hattie antwoord: "..."

4.

Gerhard wil Kersdag saam met Hattoe deurbring om haar beter te leer ken.

 

Gerhard wil Kersdag saam met Hattie deurbring sodat ...

5.

Hattie en haar pa neem later vir Gerhard met Sabrina op die oop see uit.

 

Later ...

6.

Het Gerhard al voorheen dolfyne van so naby af gesien?

 

Nee, ...

7.

Gerhard behoort Hattie se pa te probeer beïndruk.

 

Gerhard hoef ...

8.

Gerhard soen Hattie wanneer haar pa hulle nie kan sien nie.

 

Hattie ...

9.

Hattie se pa gaan klub toe, want Hattie en Gerhard moet alles opruim.

 

Hattie se pa gaan klub toe, aangesien ...

10.

Hattie het 'n aborsie ondergaan toe sy swanger geraak het.

 

'n Aborsie ...

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking